Koffie word dalk duurder
Viëtnam se koffie is uitverkoop – en dis ’n probleem vir alle koffieliefhebbers, wat dalk binnekort meer sal moet opdok vir hul daaglikse kaffeïen-lafenis.
A... koffiekapitaal! Koffie gaan dalk binnekort skerp duurder word omdat die vraag sterker styg as die beskikbare bone. Foto: Bloomberg
Viëtnam is die wêreld se grootste produsent van robusta-koffie. Dié variëteit vorm die grondslag van kitskoffie wat onder meer deur Nestlé gemaak word.
Uitvoer van koffie uit Viëtnam gaan vanjaar ’n algehele rekord aanteken danksy ’n sterk wêreldwye vraag.
Die land gaan na verwagting vanjaar 1,8 miljoen ton koffie van alle variëteite uitvoer, sê Do Ha Nam, hoof van die koffie-uitvoerder Intimex en adjunkhoof van die land se koffie- en kakao-vereniging.
Nam sê die vraag na koffie is op die oomblik groter as die hoeveelheid koffie wat die land kan uitvoer.
Veral in ontwikkelende lande word koffie al hoe gewilder.
Viëtnamese boere het reeds voordeel getrek hieruit, met pryse wat in Oktober met 10% gestyg het.
Vir die 2018-’19-oes, wat reeds einde Oktober in sommige streke begin het, verwag Viëtnam nagenoeg 1,83 miljoen ton. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie