• Tuisblad
  • Sake
  • Koffiewinkels wat Bob Marley gelukkig sou hou
Koffiewinkels wat Bob Marley gelukkig sou hou
Koffiewinkels wat Bob Marley gelukkig sou hou

Koffiewinkels wat Bob Marley gelukkig sou hou

’n Lekker koppie boeretroos is een ding, maar as die koffie ’n paar blaartjies bevat wat Bob Marley gelukkig sou maak, kan dit dalk meer skop hê as verwag.
Elvira Wood

Second Cup, ’n koffiewinkelgroep in Kanada, gaan nou wel nie “daggakoffie” maak nie, maar hy beplan wel om van sy koffiewinkels eerder in daggawinkels te omskep.

Na verwagting gaan Kanada die gebruik van dagga later vanjaar vir alle gebruik wettig maak. Die eerste twee rondes vir wetgewing wat die algemene gebruik van dagga sal toelaat, is reeds afgehandel.

Kanada laat reeds daggagebruik om mediese redes toe.

Second Cup het Donderdag in ’n verklaring gesê dat hy reeds met National Access Cannabis (NAC) ooreengekom het dat sodra die wetgewing hulle dit toelaat, hulle van Second Cup se koffiewinkels in daggawinkels gaan verander.

Second Cup het meer as 300 koffiewinkels oor Kanada heen.

“Ons vennootskap met Second Cup sal kliënte die geleentheid bied om daggaprodukte van gehalte en uitstekende diens van NAC in ’n gemaklike omgewing te kan bekom,” sê Mark Goliger, uitvoerende hoof van NAC, in ’n verklaring.

Bloomberg berig Second Cup, wat op die aandelebeurs in Toronto genoteer is, se aandeelhouers hou duidelik van dié plan.

Die maatskappy se aandele het Donderdag met meer as 33% tot C$3,65 gestyg nadat die nuus bekend gemaak is.

Second Cup sê hy sal egter streng by wetgewing hou en dit nie in provinsies soos Ontario en Quebec verkoop nie.

Dié Kanadese regering gaan alleenreg op die verkoop van dagga in dié twee provinsies – wat ook die grootste bevolkings in die land het – hê.

Second Cup in Kanada het geen verbintenis met koffiewinkels met dieselfde naam in Johannesburg en Kaapstad nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!