Kokaïen-nes by OR Tambo oopgevlek
Volgens ’n Israeliese koerant het die polisie se prokureur aan die hof gesê die mans het reuse-hoeveelhede dwelms Israel toe gesmokkel.
Erika Gibson – ’n Netwerk wat groot hoeveelhede kokaïen uit Suid-Afrika na Israel gesmokkel het, is onder die neuse van die owerhede op die O.R. Tambo-lughawe bedryf. Personeel van die Israelse lugdiens El Al, wat die strengste veiligheidsmaatreëls ter wêreld het, is die afgelope week hieroor in die Israelse hoofstad, Tel Aviv, vasgetrek.
’n Senior El Al-beampte, Rami Yogev (53), en drie van sy makkers is in hegtenis geneem nadat ’n besending van 15 kg kokaïen in een van die vier verdagtes se handbagasie op ’n vlug van Johannesburg af gevind is.
Beno Shalom, ’n voormalige spioen vir die Israelse Shin Bet-intelligensiediens, is na berig word ook in hegtenis geneem.
Luidens ynetnews.com was Shalom 12 jaar lank betrokke by geheime operasies om op verregse groeperings te spioeneer. Hy het ook vroeër in die Israelse premierskantoor gewerk. Shalom is ’n veiligheidsbeampte by El Al.
Luidens berigte in die Israelse media het Yogev ’n geheime klaring wat hom vrye toegang gegee het tot al El Al se vliegtuie en vragruime.
Luidens The Times of Israel het die polisie se prokureur aan die hof gesê die mans het reuse-hoeveelhede dwelms Israel toe gesmokkel.
“Dit is ’n groot en wydlopende operasie,” het adv. Nadav Rappoport, die polisie se regsverteenwoordiger, aan regter Guy Avnon gesê toe die vier Maandag in die hof verskyn het.
Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die Suid-Afrikaanse polisie se spesiale eenhede het nie geweet die Israeli’s ondersoek dié netwerk nie.
Die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het nie op navrae gereageer nie, maar dit blyk egter die Israelse owerheid het stilweg die netwerk ondersoek.
Die vier mans het die afgelope week in die landdroshof in die Israelse hoofstad verskyn, en bly in aanhouding tot Dinsdag wanneer hulle weer verskyn. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie