Kokerbome se reaksie op aardverwarming
Paleo-klimaatnabootsings van Namibië se kokerboompopulasies dui op beduidende verandering in hul verspreidingsgebied oor die afgelope 22 000 jaar.
Ekoloë van die Universiteit Stellenbosch (US) het 22 000 jaar in die verlede teruggegaan én vooruitskattings gemaak vir 50 jaar van nou af ten einde die ikoniese kokerboom, Aloidendron dichotumum, se paleo- en toekomstige geografiese verspreidingsgebied in die dorre Suid-Afrika en Namibië te simuleer.
Die doel hiervan was om vas te stel hoe kokerboompopulasies op vorige klimaatsveranderingstoestande gereageer het, asook die effek van toekomstige mensgemaakte klimaatsverandering wat moontlik deur hierdie vorige reaksie uitgewys sou kon word.
Prof. Guy Midgley, hoof van die navorsingsgroep oor globale verandering in die US se departement plant- en dierkunde, sê navorsing en waarnemings wêreldwyd toon dat biologiese stelsels en spesies alreeds op mensgemaakte klimaatsverandering reageer.
“'n Algemeen aanvaarde voorspelling is dat plante in reaksie op warmer toestande uit hul geografiese verspreidingsgebiede sal skuif, hetsy poolwaarts of na hoër vlakke bo seespieël. Die ander opsie is om by hulle veranderende omgewing aan te pas deur middel van genetiese veranderinge of deur hul morfologie of gedrag te verander. Indien hulle egter nie skuif of aanpas nie, is uitwissing in hul natuurlike gebied hulle voorland,” verduidelik hy.
In die geval van langlewende bome is hul aanpassingsopsies egter beperk.
Wêreldwyd is bome die kwesbaarste vir mensgemaakte klimaatsverandering, aangesien hulle langlewend is en dit lank neem vir saad om tot 'n boom te ontwikkel. Met ander woorde: alhoewel bome dalk voorheen in staat was om oor 'n tydperk van duisende jare te migreer of aan te pas by vorige veranderinge in die paleoklimaat, is hulle dalk nie tans in staat om so vinnig as wat nodig is aan te pas of te migreer om mensgemaakte klimaatsveranderinge te kan oorleef nie.
Oor die afgelope 10 000 jaar het die oppervlaklugtemperatuur in Suidwestelike Afrika byvoorbeeld waarskynlik met 5 °C gestyg gedurende die verwarming wat die ys- tot tussenystye teen die einde van die Pleistoseentydperk tot gevolg gehad het. In teenstelling hiermee, en volgens die nuutste verslag van die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC), word geraam dat oppervlaklugtemperature in Afrika in minder as 'n eeu met meer as 5 °C in die droë, subtropiese gebiede sal styg.
Om endemiese spesies soos die kokerboom dus in die toekoms te kan bewaar, is dit noodsaaklik om hul reaksie op voortgesette en toekomstige klimaatsverandering te probeer verstaan.
MENSGEMAAKTE KLIMAATSVERANDERING
Oor die afgelope twee dekades het Midgley en sy nagraadse studente kokerboompopulasies se reaksies op klimaatsverandering bestudeer en gedokumenteer.
In 2007 kon prof. Wendy Foden die volgende oor die noordelike helfte van die verspreidingsgebied rapporteer: daar was tekens van verspreidingsgebiede wat suidwaarts, sowel as na hoërliggende gebiede geskuif het, met individuele bome wat dood is in die warmer dele van die verspreidingsgebied nader aan die ewenaar, asook by die laerliggende gebiede.
Herhaalde waarnemingstudies oor jare word benodig om die bevindings te staaf dat so 'n verskuiwing in die verspreidingsgebied wel onderweg is.
In die nuutste studie het Midgley se nagraadse student, Lara Brodie, spesieverspreidingsmodellering gebruik om die waarskynlike ruimtelike omvang van die kokerboom se verspreidingsgebied tydens die gletserperiodes te rekonstrueer. Hierna het sy populasiegenetiese metodes gebruik om die resultate te toets. Die bevindings is onlangs in die vaktydskrif Frontiers in Ecology and Evolution gepubliseer.
SLEUTELBEVINDINGS
Die modelle voorspel dat twee derdes van geskikte habitat vir A. dichotomum gedurende die laaste gletsermaksimum (LGM) – 22 000 jaar gelede – buite die huidige verspreidingsgebied was, ongeveer 650 km verder noord, nader aan die ewenaar. Namate temperature gunstiger geword het, het die bome hul verspreidingsgebied poolwaarts uitgebrei teen 'n tempo van 0,4 km per dekade. Gedurende die middel-Holoseen, sowat 6000 jaar gelede, was die destydse kokerbome min of meer oor dieselfde gebied versprei as wat dit tans is.
Dit beteken dat dit A. dichotomum tot 18 000 jaar geneem het om 650 km poolwaarts te migreer.
Dié migrasie is indirek bevestig deur die resultate van die genetiese populasie-ontleding: die ouer noordelike populasies toon oor die algemeen hoër vlakke van genetiese diversiteit as die meer onlangs gevestigde populasies in die suidelike en suidoostelike streke (bioloë noem dié verskynsel die “stigterseffek”).
Die modelle voorspel dat kokerbome teen 2070, 191 km ooswaarts sou moes skuif ten einde by veranderende klimaatstoestande aan te pas – 42 km in 70 jaar en 6 km per dekade. Dit is ongeveer 15 keer vinniger as wat verwag word wanneer jy 18 000 jaar gelede se verspreidingsdata gebruik.
Volgens die navorsers sal A. dichotomum in alle waarskynlikheid in die natuur oorleef, maar hul geografiese verspreidingsgebied sal veel smaller wees.
Suidwaartse populasies kan moontlik ook sukkel om aan te pas en te oorleef vanweë laer vlakke van genetiese variasie.
Die navorsers verwag verder dat die noordelike verspreidingsgebiede toenemend ongeskik sal word en waarskynlik verlore sal gaan, tesame met sy unieke genetiese diversiteit, tensy daar opgetree word.
Hul voorstel is proaktiewe bewaring van die genetiese diversiteit van die noordelike populasies van kokerbome, byvoorbeeld die beskerming van individue in botaniese tuine, sowel as die noukeurige oorweging van ondersteunde kolonisering in geskikte gebiede.
“Ná dekades van navorsing, staan die ikoniese kokerboom steeds as 'n bewaker van antropogene klimaatsverandering. Die nuutste bevindings sal nie slegs bewaringsaksies vir hierdie spesie rig nie, maar potensieel ook vir 'n wye reeks van endemiese plante in hierdie spesieryke streek,” sluit Midgley af.
* Die artikel “Broadening predictive understanding of species' range responses to climate change: the case of Aloidendron dichotomum” is in Oktober 2021 in Frontiers in Ecology and Evolution gepubliseer. Die artikel is deur die Universiteit Stellenbosch verskaf.
(FOTO Ronelle Rademeyer)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie