Kolisi is SA Rugby se speler van die jaar
Rugby
Siya Kolisi, Springbokkaptein en -flank, het sterk aanspraakmakers soos die senter Lukhanyo Am en slot Eben Etzebeth uitgestof om as SA Rugby se speler van die jaar vir 2021 aangewys te word.
Kolisi, Am, Etzebeth, Damian de Allende en Makazole Mapimpi was die benoemdes. Die 30-jarige Kolisi is die eerste Bok-kaptein sedert Jean de Villiers in 2013 wat met die titel vereer word.
Kolisi het die Bokke in al 13 hul toetse verlede jaar aangevoer en die span tot 'n reekssege oor die Britse en Ierse Leeus gelei, sowel as 'n oorwinning oor die All Blacks. Sy spelpeil was uitstaande en een van sy beste wedstryde was in die belangrike tweede toets teen die Leeus.
Aphelele Fassi is as die jong speler van die jaar aangewys en die Bokke as die span van die jaar.
Cheslin Kolbe se beslissende drie in die derde toets teen die Leeus, is as die drie van die jaar aangewys.
Jake White, die Bulle-afrigter, is vir die tweede opeenvolgende jaar as die voorste afrigter bekroon, nadat Jacques Nienaber en Neil Powell ook in oorweging was.
Ronald Brown het as die sewesspeler van die jaar weggestap nadat Selvyn Davids en Siviwe Soyizwapi die ander finaliste was.
Lusanda Dumke, die nasionale spankaptein, is as die vrouespeler van die jaar vir die Springbokke én topspeler in die provinsiale kompetisie aangewys, en Aimee Barrett-Theron as die skeidsregter van die jaar.
• Van die prominente wenners:
Speler van die jaar: Siya Kolisi.
Jong speler van die jaar: Aphelele Fassi.
Vrouespeler van die jaar: Lusanda Dumke.
Sewesspeler van die jaar: Ronald Brown.
Junior Springbok van die jaar: Henco van Wyk.
Span van die jaar: Springbokke.
Afrigter van die jaar: Jake White (Bulle).
Curriebeker-speler van die jaar: Elrigh Louw (losvoorspeler van die Bulle).
Eersteliga-speler van die jaar: Dylan Maart (vleuel van Boland-Kavaliers, agt drieë).
Drie van die jaar: Cheslin Kolbe, derde toets teen Leeus.
– Netwerk24
FOTO’s
Lusanda Dumke, kaptein van die SA vrouespan, druk die wendrie teen Kenia op Stellenbosch in Augustus verlede jaar. Foto springboks.rugby/Grant Pitcher/Gallo Images
Die Springbokflank en -kaptein Siya Kolisi het vanjaar puik spel gelewer. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie