Kollig Kalender 1 November

Sanet Pearson
Nou aan die gang

» Die gewilde Windhoek City Market is vanaand weer terug by die Windhoek Buitekluboord en Kasino. Die geleentheid is die plek waar ou vriende mekaar weer raakloop of om 'n paar nuwes te maak. Die mark begin om 16:00 en kaartjies kan teen N$40 aanlyn by PayToday gekoop word.

» Die Envirocomedy Festival vind vanaand by die Zoo Park-amfiteater plaas en word deur EduVentures en Tafish aangebied. Die comedy festival wil aandag op ernstige omgewingsake soos klimaatsverandering, stropery en ontbossing vestig. Mr Slick, Mark, Joe White, Oc Abs, Courage the Comedian, Lloyd the Comedian, Big Mitch, Cassijejessica, Chiro, Zita tree op met Fernando Tafish wat die gasheer is. Kaartjies is by EventsToday beskikbaar. Vir meer inligting kan Fernando by 081 4555 924 en Given by 081 3145 953 gekontak word.

» Aanhangers van die bekende Arendsvlei-aktrise Jolene Martin kan haar môreoggend by ’n ontbyt ontmoet wat Jubilee Ministries in die hoofstad aanbied. Kom luister self na haar inspirerende verhaal. Kaartjies is by past. Chris Jonathan by 081 363 5454 beskikbaar.

» Die Namibiese musikant Savannah Collins tree môreaand by die Midgard Taste Festival op. Die hoofvermaak by die fees is die Suid-Afrikaanse groep Freshly Ground. Vir meer inligting besoek https://www.midgardcountryestate.com/pages/events/

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Dr. Alma Nankela, ’n argeoloog en rotskunsnavorser van die Nasionale Erfenis Raad van Namibië, hou ’n praatjie om 19:30 by die Namibië Wetenskaplike Vereniging oor die geweld van mynbou en steengroefmynbou op die Namibiese argeologiese landskap. Almal is welkom.

» #Selfie is ’n solo-uitstalling deur die Namibiese fotograaf en visuele kunstenaar Lukas Amakali, geïnspireer deur die hedendaagse digitale era en die invloed van sosiale media op die mens. Amakali beskou selfies as ’n voorstelling van homself en sy identiteit. Hy gebruik fotografie om sy gevoel oor die digitale era te uiter. Die reeks werke bestaan uit selfies wat deur middel van ‘double exposures’ geneem is. Die uitstalling duur tot 9 November.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Ná die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien en duur tot 17 November.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die uitstalling Fashion Beyond Trends aan. Die uitstalling is deur die Namibiese mode-ontwerper Cynthia Schimming wat haarself as ’n visuele storieverteller beskou. Die doel van die uitstalling is om naaldwerkers, kleremakers en opkomende ontwerpers te inspireer. Dit duur tot 9 November.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!