Kollig Kalender
?» Die Namibiese rolprent Katutura is vandag vanaf 17:30 te siene by The Grove Mall in Kleine Kuppe. Toegang kos N$55.
?
» ’n Uitstalling van die werke van studente aan die College of the Arts (Cota) open vandag vanaf 18:30 by die Katutura Gemeenskapskunsentrum. Kunswerke, mode-items, videos en uitvoerings sal te siene wees by die uitstalling getiteld Artsplash!. Toegang is gratis.
?
» Môre vanaf 18:00 bied Jameson SA en 99FM ’n wonderlike opelugvertoning van die klassieke fliek Casablanca by die FNCC-terras aan. Kaartjies kos N$100 (ete ingesluit).
?
» Die Namibies gebore sanger en liedjieskrywer I am November tree môre vanaf 20:00 by die Warehouse Teater op. Sy musiek is deur die “Indie”-genre beïnvloed en hy vind inspirasie van kunstenaars soos Bon Iver, City and Colour, Angus en Julia Stone. Toegang is gratis
?
» Die Cosmo Kids Day Care School bied die vertoning A Magical Journey vandag vanaf 14:00 en 19:00 aan. Kaartjies kos N$50 vir kinders en N$100 vir volwassenes.
?» Die uitstalling getiteld Choonde - art in unity het op 7 November by die Muschel-kunsgalery op Swakopmund geopen. Die uitstalling duur tot 21 November en toegang is gratis.
?
» Op elke tweede Saterdag van die maand om 17:00 tot in Maart 2016 word ’n klassieke musiekkonsert by die Heinitzburg Hotel getiteld “Classics@the Castle” deur verskeie klassieke musici aangebied. Die konserte is samestellings van die klassieke musiek van die 18de, 19de en 20ste eeu. Toegang is gratis.
?
» ’n Kersfeesmark met die tema Shed goes Christmas word vanaf 10:00 tot sononder op 12 Desember en vanaf 9:00 tot 14:00 op 13 Desember op die plaas Reuweiler aangebied. Die plaas is 30 km buite Windhoek op die B6-hoofweg na die internasionale lughawe geleë. E-pos [email protected] vir verdere inligting.
?» ’n Dokumentêre fliek wat oor klimaatsverandering handel, La Glace et le Ciel (Ys en die lug), word op 30 November by die FNCC vertoon. Toegang is gratis.
?
» ’n Kunsuitstalling deur Jackie Mwanza en Noah Mwanza getiteld Black Madonna and the Baster Child open op 16 November vanaf 18:30 by die FNCC-galery en duur tot 18 Desember. Toegang is gratis.
?
» ’n Kunsuitstalling deur Sarah Rosana getiteld Namibian Spirit het op 9 November by Restaurant La Bonne Table geopen. Haar werke is deur Namibiese fauna geïnspireer en duur tot 14 Januarie. Toegang is gratis.
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg hou “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].
?» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.
?» Op 25 November vanaf 18:30 word die fliek 12 Years a Slave met regie deur Steve McQueen by die FNCC vertoon. Toegang is N$30.
?
» Op 25 November vanaf 08:00 tot 12:00 bied die Kankervereniging van Namibië die laaste gesondheidskliniek vir mans by die CAN-kliniek, John Meinertstraat 90, Windhoek-Wes, aan. Kontak die Kankervereniging van Namibië by 061 237 740 om te bespreek. Koste is N$50.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.
?» ’n Praatjie getiteld UNESCO Intangible Cultural Heitage Exhibition word vanaf 18:30 op 26 November by die FNCC aangebied. James Marituri, ’n fotograaf van Kenia, sal as gasspreker optree. Toegang is gratis.
?
» Unam se departement van visuele kunste se jaarlikse studenteuitstalling het op 5 November by die Nasionale Kunsgalery geopen en duur tot 30 Januarie 2016.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
?
» Die welbekende musikant Zen-Zo tree vanaf 20:00 op 27 November by die FNCC-terras op. Hy sal van sy oorspronklike liedjies in sy moedertaal, Damara, opvoer. Kaartjies is by die FNCC beskikbaar en kos N$40 indien vooruit bespreek of N$60 by die ingang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie