Kollig Kalender

Jacqueline Louw
?» Jacques Mushaandja en The Tschuku tree vandag vanaf 20:00 by die FNCC se terras op. Die groep is bekend vir hul Afro Chant -musiek. Toegang kos N$40 indien vooruitbespreek en N$60 by die ingang.
?
» Sean K tree vandag vanaf 20:00 by die Warehouse Teater op. Hy is as ’n jazz-, neo soul- en funk- musikant bekend. Toegang is gratis.
?
» Die plaaslike sanger, liedjieskrywer en digter Mel Mwevi, beter bekend as Malanie Aiff, is vandag vanaf 20:00 by die Ware­house te siene. Toegang is N$50.
?
» Die liefdadigheidskonsert Nacht des Deutschen ­Schlagers vind vandag en môre by die SKW-gronde in Windhoek plaas. Duitse sterre ­Kristina Bach, Ireen Sheer, Tony ­Marshall, Michael Morgan, ­Anna-Maria Zimmermann, Costa en Kiki Cordalis, Chris Roberts, Gotthilf Fischer en Wildecker Herzbuben bied hierdie uitvoering van gewilde tradisionele Duitse musiek aan. Kaartjies kos N$250 – N$1 000 en is by Computicket beskikbaar.



?» Tot in Maart word ’n klassieke musiekkonsert, Classics@the Castle, op elke tweede Saterdag van die maand om 17:00 by die Heinitzburg Hotel deur ­verskeie klassieke musici ­aangebied. Die konserte is ­samestellings van die klassieke musiek van die 18de, 19de en 20ste eeu. Toegang is gratis.



?» Die Cantare Audire kamermusiekkoor sal weer hierdie jaar optredes gee. Repetisies sal Maandae vanaf 19:30 tot 21:30 in die musiekkamers van die DHPS in Windhoek plaasvind en het op 25 Januarie ’n aanvang geneem. Ledegeld is N$250 per maand. Vir verdere inligting kontak Ernst van Biljon by 081 129 1311 of [email protected].
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die ­Goethe-­sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].



?» ’n Kunsuitstalling getiteld Blanc Effect deur Nambowa Malua het op 19 Januarie by Restaurant la Bonne Table begin en duur tot 4 Februarie. Toegang is gratis.
?
» Op 9 Februarie vanaf 19:00 bied Multiple Scleroses Namibia ’n praatjie by Fresh & Wild Utopia aan. Die spesialis Joy Moorehead van Seattle in die VSA bespreek die verband tussen dieet, ­inflammasie en chroniese siektes. ­Siektetoestande soos veelvoudige ­sklerose, diabetes, migraines, PDS, hoë cholesterol, hoë bloeddruk, hoë- en lae bloedsuiker, angs en depressie, velsiektes, sinusprobleme, ­uitputting, outisme, artritis en outo-immuunversteurings word bespreek. Toegang is N$100 en verversings word verskaf. Vir meer inligting skakel Bianca Özcan by 081 296 4844 of [email protected] of Pierre Blaauw by 081 242 2504.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.



?» Die fliek Nos Étoiles Contraires (Die fout in ons sterre), ’n drama wat handel oor tieners wat verlief raak by ’n kankerondersteuningsgroep, word vanaf 18:30 op 3 Februarie by die FNCC vertoon. Toegang is N$30.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.



?» Op 4 Februarie vier die ­Kankervereniging van Namibië Wêreldkankerdag om ­bewustheid van kanker te ­bevorder ter ere van diegene wat die stryd teen kanker verloor het en om die Kankervereniging se belofte om kanker te beveg te bevestig. Die Kankervereniging hoop dat Namibië ’n leier van hierdie stryd in Afrika sal wees en vra die publiek om hierdie verdienstelike saak te ondersteun.
?
» Unam se departement vir visuele Kunste se jaarlikse studenteuitstalling het op 5 November by die Nasionale Kunsgalery geopen en duur tot 30 Januarie.
?
» Elke Donderdag bied die Ware­house Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room- skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige ­verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleent­hede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.



?
» Op 12 Februarie 2016 bied die Kankervereniging van Namibië ’n maskerbal met die tema Masquerade Ball to Unmask Cancer by die Safari Hotel aan. ’n Tafel vir tien kos N$10 000. Vir verdere inligting skakel Ellenore by 081 127 6252; [email protected] of Jane by 081 853 5385; [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!