Kollig kalender
?
» Die kunsuitstalling Colourless deur die Kubaan Yasiel Palomino Perez is tot môre by die FNCC galery aan die gang.
?
» ’n Uitstalling van ’n versameling geskenkte Erich Mayer-kunswerke by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN), wat later deel van die galery se die NAGN se permanente versameling sal vorm, duur tot 29 Augustus.
?
» Romeo Sinkala se kunsuitstalling The Return of the Fundi is nog tot 29 Augustus by die FNCC se restaurant La bonne table aan die gang.
?
» Die NAGN bied tans ’n groepuitstalling, The Ladies, deur drie ontluikende kunstenaars, Inatu Indongo, Findano Shikonda en Saara Nekomba, aan. Dit duur tot 29 Augustus.
?
» Die Omba-galery hou tot 31 Augustus weer sy gereelde Kersfees in Julie-kunsuitstalling. Vanjaar stal die !Ikoba Textiles Farm Project Kersfeesdekor, ornamente en geskenke uit.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz – Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
?
» ’n Ope dag vir kuns word môre deur die Tulipamwe Internasionale Kunstenaarslypskool by die Gobabeb navorsing- en opleidingsentrum (GRTC) naby Walvisbaai in die Namib-Naukluftpark aangebied. Tans neem 27 kunstenaars wat 13 nasionaliteite verteenwoordig aan die kunstenaarslypskool deel. Besoekers sal die kunstenaars kan ontmoet en in hul werksomgewings kan sien. ’n Bus wat deur die ministerie van onderrig, kuns en kultuur verskaf is, sal belangstellendes na die sentrum vervoer. Die bus vertrek Vrydag om 06:00 van die Nasionale Kunsgalery (op die hoek van John Meinertstraat en Robert Mugabe-rylaan)en sal mense weer daar aflaai. Belangstellendes kan hul sitplek op die bus bespreek deur ’n e-pos na [email protected] te stuur, maar voeg ook die e-posadres [email protected] by.
?
» One Flew Over the Cuckoo’s Nest, die laaste van twee internasionale toneelstukke deur Can (Committed Artists of Namibia), sal vanjaar as deel van hul jaarlikse teaterfees vandag, môre en Saterdag by die Ultimate Teater op die planke gebring word. Kaartjies kos N$100 per persoon en is by die onderskeie akteurs beskikbaar.
?
» Op Saterdag 29 Augustus van 10:00 tot 12:00 word Yoga Catz, ’n jogasessie ten bate van die Katbeskermingsvereniging van Namibië, by die Warehouse Teater in Windhoek asook die Last Resort-sentrum in Swakopmund aangebied. Chantelle Meyburgh en Caroline Pajewski bied die klasse aan. Vir meer inligting, skakel 081 315 5129 (Windhoek) of 081 410 9932 (Swakopmund).
?
» Op Saterdag 29 Augustus bied AfricAvenir die première van die dokumentêre rolprent Nelson Mandela: The Myth and me om 19:00 by die Goethe-sentrum aan. Toegang kos N$30.
?
» Radiopersoonlikheid en geleentheidsorganiseerder Jackey !Gaoseb nooi vroue, moeders, dogters en susters, om op Saterdag 24 Oktober ’n leefstyl- en inspirerende praatjie deur onder meer ’n minister en ander sprekers by die Palmboompark by te woon. Vroue moet wit aantrek en hulself gereed maak om nuwe hoop en bemoediging te vind. Vermaak sal tesame met motiveringspraatjies aangebied word en die volgende onderwerpe sal bespreek word: Vroue word deur pyn stilgemaak, vroue en hul geesteslewe en vroue en skoonheid. Kaartjies kos N$120 en sluit in: registrasie (wat plaasvind van 16 tot 31 Augustus), middagete en ’n kans om groot pryse te wen. Vir meer inligting, skakel 081 252 0421, 081 295 2339 of 081 346 6596.
?
» Die Franco Namibiese Kultuursentrum (FNCC) en ChiNamibia nooi kinders tussen die ouderdom van 8 en 16 jaar om ’n kuns-, kos- en handwerkkraampie by hul Kindermark 2015 aan te bied. Die kindermark vorm deel van hul kinderfees wat op 31 Oktober sal plaasvind. Inskryfvorms is by die FNCC-ontvangs beskikbaar en die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September. Registrasie kos N$100. Vorms moet by die FNCC ingegee word. Vir meer inligting, skakel 061 387 330.
?
» Spes Bona Properties & Radiowave bied op Saterdag 19 September ’n staptog vir kanker. Belangstellendes kan kies of hulle 5 km of 10 km wil loop en dit kos N$50 om aan die staptog deel te neem. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 16 September. Die eerste 500 inskrywers ontvang ’n sak vol geskenkies. Stuur ’n e-pos na [email protected] om inskryfvorms te ontvang.
?» Op Maandag 31 Augustus om 19:15 open ’n uitstalling van gedrukte kunswerke en beelde getiteld The Beginning by die Goethe-sentrum. Die kunstenaar David Amukoto stal saam met sy “vriende” van die College of the Arts (Cota) en die John Muafangeyo Kunsskool uit. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 18 September.
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].
?
» Die Tulipamwe Internasionale Kunstenaaruitstalling open op Dinsdag 1 September om 18:30 by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN). Me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, sal die uitstalling open. Die uitstalling duur tot 3 Oktober.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.
?
» Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Arno Jordaan toer in Oktober in Namibië. Hy begin op 21 Oktober met ’n optrede op Keetmanshoop (skakel Pina by 063 224 638), gevolg deur ’n konsert op 22 Oktober op Gobabis (Renda, 081 304 1299) en ’n derde konsert in Windhoek op 23 Oktober (skakel Marcha by 081 288 2886). Daarna tree hy op 26 Oktober op Stampriet op (kontak Melani by 081 330 9001), dan 29 Oktober op Tsumeb (Betsie by 081 042 9813) en ’n laaste optrede op 31 Oktober op Walvisbaai (Belinda, 081 127 6586).
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.
?
» Skrywer Ndaponah Shikangalah besoek die Goethe-sentrum op Woensdag 9 September om 15:30 om oor haar kinderboek The Namibian Princess Adventures te gesels. Die boek vertel die verhaal van ’n jong prinses en haar vlieënde tapyt. Sy vlieg oral oor Namibië en leer kinders van ons mooi land. Toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie