Kollig kalender

Elvira Hattingh
?
» Die jaarlikse visuele kuns museumprogram (Avamp) bied tot 22 Augustus ’n foto-uitstalling in die NAGN se onderste galery aan.
?
» Die kunsuitstalling Colourless deur die Kubaan Yasiel Palomino Perez is tot 28 Augustus by die FNCC-galery aan die gang.
?
» ’n Uitstalling van ’n versameling geskenkte Erich Mayer-­kunswerke by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN), wat later deel van die galery se die NAGN se permanente versameling sal vorm, duur tot 29 Augustus.
?
» Romeo Sinkala se kunsuitstalling The Return of the Fundi is nog tot 29 Augustus by die FNCC se restaurant La Bonne Table aan die gang.
?
» Die Omba-galery bied tot 31 Augustus weer sy gereelde Kersfees in Julie-kunsuitstalling aan. Vanjaar stal die !Ikoba Textiles Farm Project Kersfeesdekor, ornamente en geskenke uit.
?
» Die Franco Namibiese Kultuursentrum (FNCC) en ChiNamibia nooi kinders tussen die ouderdom van 8 en 16 jaar om ’n kuns-, kos- en handwerkkraampie by sy Kindermark 2015 aan te bied. Die kindermark vorm deel van sy kinderfees wat op 31 Oktober sal plaasvind. Inskryfvorms is by die FNCC-ontvangs beskikbaar en die sluitingsdatum vir in­skrywings is 30 September. Registrasie kos N$100 en vorms moet by die FNCC ingegee word. Vir meer inligting, skakel 061 387 330.
?
» Die NAGN bied tans The Ladies, ’n groepuitstalling deur drie ontluikende kunstenaars, Inatu Indongo, Findano Shikonda en Saara Nekomba, aan. Dit duur tot 29 Augustus.



?
» Bank Windhoek bied vandag om 18:00 ’n komedieaand ten bate van sy Kankerappelprojek met Savannah Afros, Free Your Mind se komediante en Spoken Word Poetry by die Warehouse Teater aan. Kaartjies word by Bank Windhoek-takke en die teater teen N$60 verkoop en sal ook voor die vertoning vir N$80 by die deur verkoop word.
?
» Op Donderdag 20 Augustus om 19:00 bied dr. Axel Rothauge van AgriConsult Namibia ’n praatjie oor die verwydering van bosse en vervaardiging van houtskool by die Namibiese Botaniese Instituut aan.
?
» Elke Donderdag bied die War­ehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemer­kelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleent­hede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.



?
» Op Vrydag 21 Augustus om 20:00 bied die FNCC ’n konsert deur die Da-mâi Dans-­ensemble aan. Toegang kos N$40 vooraf en N$60 by die deur voor die konsert.
?
» One Flew Over the Cuckoo’s Nest, die laaste van twee internasionale toneelstukke deur CAN (Committed Artists of Namibia), sal van 27 tot 29 Augustus by die Ultimate­ Teater op die planke gebring word. Kaartjies kos N$100 per persoon en is by die onder­skeie akteurs beskikbaar.



?
» Op Saterdag 22 Augustus hou die FNCC ’n Heldedag-storievertelgeleentheid vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 11 jaar. Helvi Wheeler sal kinders vanaf 10:00 meer vertel oor onder andere kaptein Hendrik Witbooi, dr. Sam Nujoma en Mama Kakurukaze Mungunda.
?
» Op Saterdag 29 Augustus bied AfricAvenir die première van die dokumentêre rolprent Nelson Mandela: The Myth and me om 19:00 by die Goethe-­sentrum aan. Toegang kos N$30.
?
» Radiopersoonlikheid en geleentheidsorganiseerder Jackey !Gaoseb nooi vroue – moeders, dogters en susters - om op Saterdag 24 Oktober ’n leefstyl- en inspirerende praatjie deur onder meer ’n minister en ander sprekers by die Palmboompark by te woon. Vroue moet wit aantrek en hulself gereedmaak om nuwe hoop en bemoediging te vind. Vermaak sal tesame met motiveringspraatjies aangebied word en die volgende onderwerpe sal bespreek word: Vroue word deur pyn stilgemaak, vroue en hul geesteslewe en vroue en skoonheid. Kaartjies kos N$120 en sluit in: registrasie (wat plaasvind van 16 tot 31 Augustus), middagete en ’n kans om groot pryse te wen. Vir meer inligting, skakel 081 252 0421, 081 295 2339 of 081 346 6596.



?» Op Maandag 24 Augustus om 18:00 word die gereelde kunspraatjie by die FNCC aangebied. Die keer gaan dit oor die skep van Jahohora, 'n geïllustreerde kinderboek deur kunstenaar Romeo Sinkala. Toegang is gratis en die boek sal tydens die geleentheid te koop wees.
?» Op Maandag om 19:15 open ’n uitstalling van gedrukte kunswerke en beelde getiteld The Beginning by die Goethe-­sentrum. Die kunstenaar David Amukoto stal saam met sy "vriende” van die College of the Arts (Cota) en die John Muafangeyo­ Kunsskool uit. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 18 September.
? » Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-­sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].


?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.



?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer