Kollig Kalender
Nou aan die gang
» Die musiekgroep Formula Band tree vandag vanaf 20:00 by die FNCC-galery op. Toegang is N$50 indien vooruitbespreek en N$70 by die ingang.
» ’n Musiekkonsert getitled “Classics @ the Castle” word môre vanaf 16:00 by die Heinitzburg Hotel in Windhoek deur Uli Busch en tenoor Ponti Dikuua aangebied. Die konsert is ’n samestelling van die musiek van onder andere Ray Charles, Ed Sheeran, Bonnie Raitt, Eric Clapton, Michael Bublé en Andrea Bocelli. Toegang is gratis.
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied vanaf 25 tot 30 April ? gevorderde slypskool in digitale fotografie aan. Die kursus kos N$900. Vir meer inligting skakel Djunior by 081 245 2279.
» Die Cantare Audire kamermusiekkoor hou weer vanjaar optredes. Repetisies word Maandae vanaf 19:30 tot 21:30 in die musiekkamers van die DHPS in Windhoek gehou. Ledegeld is N$250 per maand. Vir verdere inligting kontak Ernst van Biljon by 081 129 1311 of [email protected].
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].
Dinsdag
» Die uitstalling getiteld Celebrating Namibian Printmaking het op 22 Maart by die FNCC-galery geopen en duur tot 14 April. Bekroonde Namibiese kunstenaars Alpheus Mvula, Papa Shikongeni en Joseph Madisia se werke sal vertoon word. Kunstenaars Shiya Karuseb, Samuel Mbingilo, Christian Viambungu, Martin Scotti, Andrew van Wyk en Cost Shipenga se werke sal ook te sien wees. Toegang is gratis.
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.
Woensdag
» Die rolprent Les Saignantes draai vanaf 18:30 op 13 April by die FNCC. Majolie en Chouchou is twee jong, pragtige vroue wat in ’n ongure wêreld van seks, geld, politiek en die dood navigeer. Hulle is op ’n sending om die lot van hul land te verander. Toegang is N$40.
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.
» Drum Café Namibia in samewerking met Joe's Beerhouse bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ? openbare tromslaansessie by die boma by Joe’s Beerhouse aan. Almal is welkom en ? beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die uitstalling getiteld Art Inside 2016 open vanaf 18:00 op 24 Maart by die Nasionale Kunsgalery van Namibië en duur tot 23 April.
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
Vrydag
» Die kunstekollege (Cota) bied vanaf 19:30 op 15 en 16 April die sesde Baroque Concerto Festival ten bate van die kollege se jeugkoor in die Nederduits Gereformeerde Kerk in Eros aan. Die orkes staan onder leiding van die briljante dirigent Alexander Fokkens. Sangers Jacques du Preez, Natasha Ndjiharine, Lyvodia #Ouses en Marieth van Wyk sal tydens die konsert optree. Fluitsoliste Nancy Jian en Kyana Diehl en blokfluitspeler Carissa Esslinger sal ook te sien wees. Christina Park sal ’n klavierkonsert van J.S. Bach speel en gaskunstenaars Jürgen Kriess en Nicole D’Oliveira speel die winter- en somerkonserte uit Vivaldi se Vier Seisoene. Kaartjies is by Hermien Vries (tel. 061 374 102), Cota en die Nederduits Gereformeerde Kerk Eros (tel. 061 226 157) beskikbaar.
» Die kunsuitstalling getiteld Art Inside 2016 - a government project is tans by die NAGN te sien en duur tot 23 April. Die doel van Art Inside is om Namibiese visuele kuns vir regeringskantore te bekom en om kuns as ’n manier van kreatiewe kommunikasie te bevorder.
» ’n Uitstalling getiteld ARTiculating Kulture & Nature: A new selection from the JMAC archive het vandeesweek by die John Muafangejo-kunssentrum (JMAC) geopen. Drukkuns en skilderye van voormalige studente van JMAC sowel as onderwysers soos Ndasuunje Shikongeni, Max Shiimi, Lukas Amakali en Johannes Xoagub word ten toon gestel. Toegang is gratis.
Saterdag
’n Multidissiplinêre uitstalling getiteld Perspectives: A creative dialogue between Namibian and Chinese artists is by die NAGN te sien. Toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie