Kollig Kalender
?» Die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (Sakov) bied vandag vanaf 19:00 sy jaarlikse prestige konsert by die NG kerk Eros aan. Zorada Temmingh van Stellenbosch sal besoekers vermaak asook die Namibiese jeugkoor onder leiding van Fanie Dorfling. Die gewilde plaaslike klassieke kunstenaars Hans-Peter Drobisch (dwarsfluit), Jürgen Kriess (viool), Ebbie Becker (orrel) en Hermien Coetzee (sopraan) tree ook op. Kaartjies kos N$80 (vir volwassenes) en N$50 (vir kinders en pensioenarisse).
?
» Die Warehouse Teater bied vandag vanaf 20:00 die rock-, punk- en metalkonsert getiteld Operation Desert Storm aan. Die plaaslike rockgroep Famaz Attak sal saam met twee top Suid-Afrikaanse rockgroepe, Half Price en Bulletscript optree. Kaartjies kos N$90 en is by die ingang beskikbaar.
?
» Die uitstalling Ada mâ //ae / Let’s stand together van die Arts Association Heritage Trust is vandag tot 17 Oktober by The Village Opera House, Liliencronstraat 18, Eros aan die gang. Nuwe werke van Paul Kiddo en Rudolf Seibeb word ten toon gestel.
?
» Die NG gemeente Suiderhof word 50 jaar oud en gaan dit Vrydagaand 23 Oktober saam met die sanger Arno Jordaan vier. Verversings is by die snoepie beskikbaar en besoekers kan kerrie en rys of jafels koop. Tee en koffie is gratis. Kaartjies is binnekort beskikbaar: Kinders onder die ouderdom van drie jaar kry gratis toegang, kinders tussen die ouderdom van drie en tien jaar betaal N$60 per kaartjie en volwassenes betaal N$100.
?
» Die Windhoek Jazz-fees vind op 24 Oktober vanaf 15:00 by die Hage Geingob-stadion plaas. Kunstenaars soos Jonathan Butler en Hip Hop Pansula van Suid-Afrika tree op saam met plaaslike kunstenaars Fu Jazz All Stars, Lise Ehlers, Sean K, Dixon en Zen Zo. Kaartjies kos N$250 en moet vooraf by Computicket gekoop word. Geen kaartjies sal by die ingang verkoop word nie. Vir verdere inligting skakel Saara Iipinge van Cyber Communications by 061 303 301 en 081 207 2765 of stuur 'n e-pos na [email protected].
?
» Die FNCC en ChiNamibia nooi kinders tussen die ouderdom van 8 en 16 jaar om ‘n kuns, kos en handwerk kraampie by hul Kindermark 2015 aan te bied. Die kindermark vorm deel van hul kinderfees wat op 31 Oktober sal plaasvind. Inskryfvorms is by die FNCC-ontvangs beskikbaar en die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September. Registrasie kos N$100 en vorms moet by die FNCC ingegee word. Vir meer inligting, skakel 061 387 330.
?
» Op elke tweede Saterdag van die maand tot in Maart 2016 word om 17:00 ’n klassieke musiekkonsert by die Heinitzburg Hotel getiteld “Classics@the Castle” deur verskeie klassieke musikante aangebied. Die konserte is samestellings van die klassieke musiek van die 18de, 19de en 20ste eeu. Toegang tot die konserte is gratis.
?» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].
?» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.
?» Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Arno Jordaan toer Oktober in Namibië. Hy begin op 21 Oktober met ’n optrede op Keetmanshoop (skakel Pina by 063 224 638), gevolg deur ’n konsert op 22 Oktober op Gobabis (kontak Renda by 081 304 1299) en ’n derde konsert in Windhoek op 23 Oktober (skakel Marcha by 081 288 2886). Daarna tree hy op 26 Oktober op Stampriet op (kontak Melani by 081 330 9001), dan 29 Oktober op Tsumeb (Betsie, 081 042 9813) en ’n laaste optrede op 30 Oktober op Walvisbaai (Nico, 081 143 0255).
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.
?
» Die uitstalling getiteld 25 Years Later het op 15 Oktober vanaf 18:00 by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) geopen en duur tot 31 Oktober. Vir verdere inligting skakel 061 231 160 of gaan na die webwerf www.nagn.org.na.
?
» Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië bied op 22 Oktober vanaf 19:00 ’n interessante praatjie getiteld "Civil Science" aan. Vier sprekers sal bydraes lewer.
?
» Die Botaniese Vereniging bied op 22 Oktober vanaf 18:00 die "Tree Awards" in die lesingsaal van die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut (Orbanstraat 8) aan. Vir verdere inligting kontak Diana Thompson by 081 128 9031 of [email protected].
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie