Kollig Kalender
?» Die welbekende musikant Zen-Zo tree môre vanaf 20:00 by die FNCC-terras op. Hy sal van sy oorspronklike liedjies in sy moedertaal, Damara, opvoer. Kaartjies is by die FNCC beskikbaar en kos N$40 indien vooruit bespreek of N$60 by die ingang.
?» Saterdag vind die jaarlikse Namrock-fees by die Olympus Jukskeiklub/Vintage Bar in Olympia, Windhoek, plaas. Bourbon and Traffic, Blikweg, Daena, RAT, Savannah Afros, Sean K, Roadhouse Blues, Shishani, Elemotho, Penilane, Famaz Attak en Swollen Revolver sal optree. Die hekke maak om 14:00 oop en die eerste orkes sal om 15:00 begin met die vermaak.
?
» Saterdag vanaf 10:00 is daar ’n Kersfees-storiesessie by die FNCC-biblioteek. Toegang is gratis.
?
» Bank Windhoek se Somerfees wat op Swakopmund en Hentiesbaai plaasvind, begin op 5 Desember. Vakansiegangers sal Shakespeare in the (Car) Park, die Mascato Coastal Youth Choir, die Musikwoche-program, die musiekblyspel A Whale in Goreangab, Taking Corruption to Court en vele ander opvoerings tydens hierdie fees kan geniet. Vir meer inligting skakel André le Roux by 061 299 1270 of stuur ’n e-pos na [email protected]
?
» Die uitstalling getiteld With Love deur die Barbara Bohlke-kunsskool het op 21 November by die Goethe-sentrum geopen en duur tot 4 Desember. Toegang is gratis.
?
» Die bekroonde rolprent Tjitji is op 5 Desember by die FNCC te siene. Tjitji, ’n jong, ambisieuse student het drome om ’n beroemde geselsprogram-aanbieder te word. Sy is egter bekommerd dat haar Himba kultuur-haar drome sal verongeluk. Toegang is gratis.
?
» Op elke tweede Saterdag van die maand tot in Maart 2016 word ’n klassieke musiekkonsert om 17:00 by die Heinitzburg Hotel getiteld “Classics@the Castle” deur verskeie klassieke musici aangebied. Die konserte is samestellings van die klassieke musiek van die 18de, 19de en 20ste eeu. Toegang is gratis.
?
» ’n Kersfeesmark met die tema Shed goes Christmas word vanaf 10:00 tot sononder op 12 Desember en vanaf 9:00 tot 14:00 op 13 Desember op die plaas Reuweiler aangebied. Die plaas is 30 km buite Windhoek op die B6-hoofweg na die internasionale lughawe geleë. Stuur ’n e-pos na [email protected] vir verdere inligting.
?» ’n Dokumentêre fliek wat oor klimaatverandering handel, La Glace et le Ciel (Ys en die Hemel), word op 30 November by die FNCC vertoon. Toegang is gratis.
?
» ’n Kunsuitstalling deur Jackie Mwanza en Noah Mwanza getiteld Black Madonna and the Baster Child het op 16 November die FNCC-galery geopen en duur tot 18 Desember. Toegang is gratis.
?
» ’n Kunsuitstalling deur Sarah Rosana getiteld Namibian Spirit het op 9 November by Restaurant La Bonne Table geopen. Haar werke is deur Namibiese fauna geïnspireer en duur tot 14 Januarie. Toegang is gratis.
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg hou “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].
?» ’n Dokumentêre fliek wat oor klimaatverandering handel, Tara, Voyage au Coeur de la Machine Climatique (Tara journey to the heart of the climate machine) word op 1 Desember by die FNCC vertoon. Toegang is gratis.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.
?» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.
?» ’n Dokumentêre fliek wat oor klimaatsverandering handel, Un Nuage sur le Toit Du Monde (A cloud on top of the world) word op 3 Desember by die FNCC vertoon. Toegang is gratis.
?» Unam se departement visuele kunste se jaarlikse studente-uitstalling het op 5 November by die Nasionale Kunsgalery geopen en duur tot 30 Januarie 2016.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, wolf.wohlers@lorentzangula.com).
?
» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
?
» ’n Dokumentêre fliek wat oor klimaatverandering handel, Ouragan: de la Tempête au Chaos (Hurricane: Storm to chaos), word op 4 Desember by die FNCC vertoon. Toegang is gratis.
?
» Op 12 Februarie 2016 bied die Kankervereniging van Namibia ’n maskerbal met die tema Masquerade Ball to Unmask Cancer by die Safari Hotel aan. ’n Tafel vir tien kos N$10 000. Vir verdere inligting skakel Ellenore by 081 127 6252 of stuur ’n e-pos na [email protected] of Jane by 081 853 5385 / [email protected].
?
» Die Namibiese rolprent Katutura is vanaf 20 November by The Grove Mall in Kleine Kuppe te siene. Toegang kos N$55.
?
» ’n Uitstalling van die werke van studente aan die College of the Arts (Cota) het op 20 November by die Katutura Gemeenskapskunsentrum geopen. Kunswerke, mode-items, videos en uitvoerings sal te siene wees by dié uitstalling getiteld Artsplash! Toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie