Kollig Kalender

Jacqueline Louw
?» Vandag vanaf 10:00 tot 15:00 word die 3de jaarlikse Energiefees by Zoopark aangebied. Die tema is “Let’s go green, it’s cheaper than you think” en sluit prettige aktiwiteite vir kinders in. Toegang is gratis.
?
» Die konsert ter herdenking van wyle Jacus Krige vind vanaf 18:30 by die Cota-konsertsaal plaas. Toegang is ’n minimum donasie van N$100.
?
» Die uitstalling Ada mâ //ae / Let’s stand together van die Arts Association Heritage Trust is van vandag tot 17 Oktober by The Village Opera House, Liliencronstraat 18, Eros, aan die gang. Nuwe werke van Paul Kiddo en Rudolf Seibeb word ten toon gestel.
?
» Môre vanaf 8:00 vind ’n begeleide toer in die Botaniese Tuine plaas. Die tuine sal tot 11:00 oop wees en boeke, T-hemde, kaartjies en verversings sal te koop wees. Toegang kos N$10.
?
» Die laaste ope hondeskou vind môre op die perseel van die Duitse Herdershondvereniging (op die hoek van Sean McBride en Frank Fredericksstraat in Olympia) plaas. Enige opreggeteelde hond is welkom. Navrae: Ada Schmidt-Dumont, 061 251 781.
?
» Windhoek Bonsai Kai bied môre vanaf 14:00 ’n demonstrasie deur Mannetjie Botma oor die oorplanting van Bonsai-bome aan. Dit word op die hoek van Voltaire- en Sokratesstraat 62, Akademia, gehou. Toegang is gratis en almal is welkom.
?
» Die Heinitzburg-hotel bied môre vanaf 17:00 die volgende Classics@The Castle-konsert aan. Die klassieke fluitspeler Hans Peter Drobisch, Uli Busch op akoestiese kitaar en violis Jürgen Kriess tree saam op.
?
» Shed goes Chic bied môre en Sondag vanaf 10:00 tot sononder ’n ope mark met dekoritems, meubels, klere en juweliersware by Plot Neuweiler op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aan. Stuur 'n e-pos na [email protected] vir meer inligting.



?
» Die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (Sakov) bied op Vrydag 16 Oktober om 19:00 weer sy jaarlikse prestige konsert by die NG kerk Eros aan. Vanjaar sal Zorada Temmingh van Stellenbosch besoekers vermaak asook die Namibiese jeugkoor onder leiding van Fanie Dorfling. Die gewilde plaaslike klassieke kunstenaars Hans-­Peter Drobisch (dwarsfluit), Jürgen Kriess (viool), Ebbie Becker (orrel) en Hermien Coetzee (sopraan) tree ook tydens die uitvoering op. Kaartjies kos N$80 (vir volwassenes) en N$50 (vir kinders en pensioenarisse).
?
» Die NG gemeente Suiderhof word 50 jaar oud en gaan dit Vrydagaand 23 Oktober saam met die sanger Arno Jordaan vier. Verversings is by die snoepie beskikbaar en besoekers kan kerrie en rys of jafels koop. Tee en koffie is gratis. Kaartjies is binnekort beskikbaar: Kinders onder die ouderdom van drie jaar kry gratis toegang, kinders tussen die ouderdom van drie en tien jaar betaal N$60 per kaartjie en volwassenes betaal N$100.



?
» Radiopersoonlikheid en geleentheidsorganiseerder Jackey !Gaoseb nooi vroue – moeders, dogters en susters - om op Saterdag 24 Oktober ’n leefstyl en inspirerende praatjie deur onder meer ’n minister en ander sprekers by die Palmboompark by te woon. Vroue moet wit aantrek en hulself gereedmaak om nuwe hoop en bemoediging te vind. Vermaak sal tesame met motiveringspraatjies aangebied word en die volgende onderwerpe sal bespreek word: Vroue word deur pyn stilgemaak, vroue en hul geesteslewe en vroue en skoonheid. Kaartjies kos N$120 en sluit in registrasie, middagete en ‘n kans om groot pryse te wen. Vir meer inligting, skakel 081 252 0421, 081 295 2339 of 081 346 6596.
?
» Die FNCC en ChiNamibia nooi kinders tussen die ouderdom van 8 en 16 jaar om ‘n kuns-, kos- en handwerkkraampie by hul Kindermark 2015 aan te bied. Die kindermark vorm deel van hul kinderfees wat op 31 Oktober sal plaasvind. Inskryfvorms is by die FNCC-ontvangs beskikbaar en die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September. Registrasie kos N$100 en vorms moet by die FNCC ingegee word. Vir meer inligting, skakel 061 387 330.
?
» Om 17:00 op elke tweede Saterdag van die maand tot in Maart 2016 word ’n klassieke musiekkonsert by die Heinitzburg-hotel getiteld “Classics@the Castle” deur verskeie klasieke musici aangebied. Die konserte is samestellings van die klassieke musiek van die 18de, 19de en 20ste eeu. Toegang tot die konserte is gratis.



?» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-­musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz- musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-­sentrum aangebied. Vir meer ­inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].



?» Die Namibian Talent Show se semi-finale vind op 13 Oktober vanaf 18:00 by die NTN plaas. Die kaartjies kos N$300.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.



?» Die bekende Suid-­Afrikaanse sanger Arno Jordaan toer Oktober in Namibië. Hy begin op 21 Oktober met ’n optrede op Keetmanshoop (skakel Pina by 063 224 638), gevolg deur ’n konsert op 22 Oktober op Gobabis (kontak Renda by 081 304 1299) en ’n derde konsert in Windhoek op 23 Oktober (skakel Marcha by 081 288 2886). Daarna tree hy op 26 Oktober op Stampriet op (kontak Melani by 081 330 9001), dan op 29 Oktober op Tsumeb (bel Betsie by 081 042 9813) en ’n laaste optrede op 30 Oktober op Walvisbaai (Nico by 081 143 0255).
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.



?
» Die uitstalling getiteld 25 Years Later open op 15 Oktober vanaf 18:00 by die Nasionale ­Kunsgalery van Namibië (NAGN) en duur tot 31 Oktober. Vir verdere inligting skakel 061-231 160 of gaan na die webwerf www.nagn.org.na.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker ­Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige ­verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!