Kollig Kalender

Jacqueline Louw
» Lize Ehlers tree vandag vanaf 20:00 saam met ­spesiale ­gaskunstenaar The ­Namibian Dessert Queen – Priscilla by die FNCC op. Toegang is N$50 indien vooruit bespreek en N$70 by die ingang.

» ’n Musiekkonsert getiteld “Classics@the Castle” word môre vanaf 17:30 by die ­Heinitzburg Hotel deur Uli Busch en tenoor Ponti Dikuua aangebied. Die konsert is ’n samestelling van die musiek van onder andere Ray Charles, Ed Sheeran, Bonnie Raitt, Eric Clapton, Michael Bublé en Andrea Bocelli. Toegang is gratis.



?
» Die fotografie-uitstalling ­getiteld Stronger than Words, wat op 15 Februarie by die ­FNCC-galery geopen het, is nog tot 17 Maart te sien. Die bekende fotografiedosent Djunior Svane en sy studente stal hul werke in samewerking met Nicky Marais van die kunstekollege (Cota) en Werner Hillebrecht, ’n Namibiese historikus en erfeniskonsultant, uit. Die uitstalling handel oor die geskiedenis van fotografie, die geskiedenis van ­fotografie in Namibië en kontemporêre ­fotografie en sluit swart en wit foto’s in wat van 1827 dateer. Toegang is gratis.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied vanaf 14 tot 19 Maart en vanaf 25 tot 30 April gevorderde slypskole in digitale ­fotografie aan. Die kursus kos N$900. Vir meer inligting skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Namibiese ­Bybelgenootskap hou op 14 Maart sy algemene ­jaarvergadering vanaf 18:00 by sy kantore in Onafhanklikheidslaan 428, Windhoek. Alle lede, ­verteenwoordigers van instellings, Bybel Beleggers se ­klublede en voornemende lede is welkom. Vir verdere inligting skakel Christel Langenhoven by 081 599 9443.

» Die Cantare Audire kamermusiekkoor sal weer vanjaar optredes hou. Repetisies word Maandae vanaf 19:30 tot 21:30 in die musiekkamers van die DHPS in Windhoek gehou. Ledegeld is N$250 per maand. Vir verdere inligting kontak Ernst van Biljon by 081 129 1311 of [email protected].

» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.

» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].



?
» Die Kubaanse kunstenaar Yasiel Palomino se uitstalling getiteld Colourful het op 9 Februarie by die Nasionale Kunsgalery van Namibië geopen en is nog tot môre te sien.

» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by ­[email protected] vir meer inligting.



?
» Op 16 Maart vanaf 18:30 draai die rolprent The Chaos by die FNCC. Dit handel oor ’n groep oorlewendes wat agtergelaat word nadat miljoene mense skielik verdwyn en die wêreld in chaos en vernietiging gedompel word. Toegang is N$40
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.

» Drum Café Namibia in samewerking met Joe’s Beerhouse bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie by die boma by Joe’s Beerhouse aan. Almal is welkom en ’n beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.



?
» Die FNCC bied op 17 Maart vanaf 17:30 ’n poësie-aand getiteld Soirée Poésie aan. Dit bied aan ontluikende en gevestigde digters die geleentheid om op te tree. Toegang is gratis.

» Die kunsuitstalling getiteld 1884 - 1915: An Artistic ­position het op 4 Februarie by die Nasionale Kunsgalery van Namibië geopen en is nog tot môre te sien. Dié uitstalling, wat deur Spunk Seipel saamgestel is, is ’n dialoog deur Namibiese en Duitse kunstenaars oor die Duitse koloniale era in Namibië.

» Die uitstalling getiteld Art Inside 2016 open vanaf 18:00 op 24 Maart by die Nasionale Kunsgalery van Namibië en duur tot 23 April.

» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.

» Die Windhoeker Männerchor oefen elke ­Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor ­koorondervinding beskik of dalk ’n ­musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, wolf.wohlers@lorentz­angula.com).

» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.



?
» Die uitstalling getiteld Omukwa, Africa’s Tree of Life word by die gimnastieksaal van Unam deur die Museumgenoot­skap van Namibië in samewerking met die Finse ambassade aangebied. Dit het op 26 Februarie geopen en duur tot aan die einde van Maart. Toegang is gratis.

» Restaurant La Bonne Table bied Dancing Cocktails vanaf 19:00 tot 22:00 op die eerste Vrydag van elke maand aan. Elke sessie sal in ’n spesifieke dansstyl deur instrukteurs aangebied word. Kaartjies kos N$70 vir enkellopers en N$120 vir paartjies en sluit ’n komplimentêre drankie in.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!