Kollig Kalender
?
» Die Okahandja Somerfees begin vandag vanaf 12:00 op die feesterrein tussen die Okahandja Spar en die Gereformeerde Kerk en duur tot môre. Die fees sluit in die Nasionale Stap vir Bybels, OCC Somerfees MTB, kraampies, braai en kuier. Vir die eerste keer sal ’n drafkompetisie gehou word. Skakel Gert van Vuuren (081 124 4178) of Soekie Schoeman (081 129 5453) vir meer inligting.
?
» Die "Face of Ribbons4Roses"-kompetisie vind vandag om 19:00 by die Okahandja Country Lodge plaas. Die geleentheid word aangebied ten einde geld in te samel vir kinders wat aan kanker, gestremdhede, outisme, spierdistrofie en Down-sindroom ly. Vir meer inligting kontak Else Kruger by [email protected].
?
» Vandag vanaf 20:00 tree Heather (Miss H) Dennis, ’n kunstenaar van Swakopmund, by die Warehouse Teater op. Sy sing haar eie komposisies en gewilde liedjies en dit wissel tussen rock, reggae en blues. Toegang is gratis.
?
» Die NG gemeente Suiderhof word 50 jaar oud en gaan dit vandag saam met die sanger Arno Jordaan vier. Verversings is by die snoepie beskikbaar en besoekers kan kerrie en rys of jafels koop. Tee en koffie is gratis. Kinders onder die ouderdom van drie jaar kry gratis toegang, kinders tussen die ouderdom van drie en tien jaar betaal N$60 per kaartjie en volwassenes betaal N$100.
?
» Vandag tree Savannah Afros vanaf 20:00 by die FNCC op. Hulle skryf en komponeer hul eie liedjies en hul optredes sluit Afro fusion jazz, soul, pop en tradisionele musiek in. Kaartjies kos N$80 indien vooruit bespreek en N$100 by die ingang.
?
» Die Windhoek Jazz-fees vind môre vanaf 15:00 by die Hage Geingob-stadion plaas. Kunstenaars soos Jonathan Butler en Hip Hop Pansula van Suid-Afrika tree op saam met plaaslike kunstenaars Fu Jazz All Stars, Lise Ehlers, Sean K, Dixon en Zen Zo. Kaartjies kos N$250 en moet vooraf by Computicket gekoop word. Geen kaartjies sal by die ingang verkoop word nie. Vir verdere inligting skakel Saara Iipinge van Cyber Communications by 061 303 301 en 081 207 2765 of e-pos saara@cybernamibia.com.
?
» Unam-studente se modeskou vind môre vanaf 19:00 by die FNCC plaas. Toegang is N$20 vir studente en N$50 vir volwassenes.
?
» Op elke tweede Saterdag van die maand om 17:00 tot in Maart 2016 word ’n klassieke musiekkonsert by die Heinitzburg Hotel getiteld “Classics@the Castle” deur verskeie klassieke musici aangebied. Die konserte is samestellings van die klassieke musiek van die 18de, 19de en 20ste eeu. Toegang tot die konserte is gratis.
?
» Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Arno Jordaan toer Oktober in Namibië. Hy tree op 26 Oktober op Stampriet op (kontak Melani by 081 330 9001) en op 29 Oktober op Tsumeb (bel Betsie by 081 042 9813), met ’n laaste optrede op 30 Oktober op Walvisbaai (Nico, 081 143 0255).
?» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].
?
» Barbara Pirron se waterverf- en gemengde media kunsuitstalling getitled Blindfolded het op 20 Oktober by die Goethe-sentrum begin en duur tot 11 November.
?
» Op 27 Oktober vind ’n kinderkunsuitstalling van Helga Mertens Art and Craft Studio vanaf 18:30 by die FNCC plaas. Die uitstalling duur tot 13 November. Toegang is gratis.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.
?
» Op 28 Oktober bied die Russiese pianis Katya Grineva ’n klavierkonsert From Katya . . . with Love vanaf 20:00 by die NTN aan. Kaartjies kos N$150 en is by Computicket en by die NTN beskikbaar.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.
?
» Op 29 Oktober vind ’n kunspraatjie, Art Publication in Namibia, by die FNCC plaas. Toegang is gratis.
?
» Die uitstalling getiteld 25 Years Later het op 15 Oktober by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) geopen en duur tot 31 Oktober. Vir verdere inligting skakel 061 231 160 of gaan na die webwerf www.nagn.org.na.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, wolf.wohlers@lorentzangula.com).
?
» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie