Kollig kalender

Elvira Hattingh
» Die kunsuitstalling Luanda Nights deur Michael Pröpper is nog tot 1 Augustus in die boonste galery van die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aan die gang.
?
» Die kunsuitstalling My past, my present, my future deur ’n verskeidenheid kunstenaars is tot 1 Augustus in die hoofgalery van die NAGN aan die gang.
?
» Die jaarlikse visuele kuns museumprogram (Avamp) bied tot 22 Augustus ’n foto-uitstalling in die NAGN se onderste galery aan.
?
» Argitek en kunstenaar Elke le Roux se nuwe kunsuitstalling Rising Giants is nog tot 24 Julie by die splinternuwe House of Arts /Frametique Kunsgalery aan die gang. Die galery is in eenheid 52 van Hyper Motor City oorkant Ferreira’s Kwekery geleë en is op weeksdae oop vanaf 08:30 tot 17:00 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00.
?
» Die kunsuitstalling Ghetto Soldiers is tot 13 Augustus by die College of the Arts (Cota) aan die gang. Kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem, sluit in Lok Kandjengo, Petrus Amuthenu, Papa Shikongeni en Salinda Williams.
?
» Jo Rogge se kunsuitstalling getiteld UN/DECLARED­ UN/DESIRABLE is tans by die Franco Namibiese ­Kultuursentrum (FNCC) aan die gang.



?
» Vandag om 19:00 word die boek Birds of Namibia deur Pompie Burger by Fresh & Wild vrygestel. Vir meer ­inligting, stuur ’n e-pos na [email protected].
?
» Die Free Your Mind-­komediegroep bied op ­Donderdag 23 Junie om 20:00 ’n ­vertoning genaamd Funny ­Business by die Franco ­Namibiese ­Kultuursentrum aan. Die ­ouderdomsperk is
18 en kaartjies kos N$50 vooraf of N$70 by die deur voor die konsert.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ‘n skemerkelkie-­aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleent­hede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal en geen toegangsgeld word gevra nie.



?
» Op Vrydag 17 Julie vind NamJams by die Hilton Kalabar plaas. Muni Hoveka en Breanna Kandanga verskaf die vermaak. Toegang is gratis.
?
» Op Vrydag 17 Julie om 18:00 word die foto-uitstalling The Path to German Unification by die Goethe-sentrum geopen. Die uitstalling duur tot 31 Julie.
?
» Op Vrydag 7 en Saterdag 8 Augustus om 19:00 bied Dance Domain die produksie Evolution of Dance by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) aan. Toegang kos N$120 vir volwassenes en N$80 vir kinders. Kaartjies is by Computicket en die Dance Domain-ateljee beskikbaar. Vir navrae, kontak Christelle (081 258 7128) of stuur ’n e-pos na [email protected].



?
» Op Saterdag 18 Julie om 15:00 en weer om 17:30 vind die première van Vanishing Kings: Lions of the Namib by die Warehouse Teater plaas. Toegang kos N$100 en kaartjies is beskikbaar by www.staytoday.com.na en ook by die deure. DVD’s sal ook te koop aangebied word.
?
» Op Saterdag 8 Augustus word die Round Table Charity Shoot-out aangebied waartydens geld vir Noah (die Namibian Old Age Home) ingesamel sal word. Spanne van vyf spelers kan hulself vir verfbalwedstryde inskryf. Die verrigtinge begin om 09:30 en dit kos N$2 800 per span. Besoek www.action.com.na om in te skryf of vir meer inligting.
?
» Die Namibiese première van die rolprent W.A.K.A uit Kameroen, word op Saterdag 25 Julie om 19:00 by die Goethe-sentrum aangebied. Toegang kos N$30.
?
» Die Suiderhof Kerkfunksie vind op Vrydag 31 Julie plaas. ’n Ete en konsert deur Namibiese kunstenaars soos Riaan du Toit, Shannon Grell­mann, Sanet Lambrechts en The Chords (‘n a capella groep) word aangebied. Almal is welkom. Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor (061 251 414).



?
» Die Nedbank Citi Run vind op Sondag 19 Julie plaas. Vir meer inligting, kontak Allan Johnson (061 295 2982), Susan Gordon (081 212 4421) of Charles Gordon (081 124 9471) of stuur ’n e-pos na [email protected] of [email protected].


?» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-­sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].



?
» Op Dinsdag 21 Julie om 19:15 word die rolprent Nairobi Half Life by die Goethe-sentrum vertoon. Toegang is gratis.
?
» Op Dinsdag 21 en Woensdag 22 Julie word die rolprent Timbuktu by die FNCC vertoon. Toegang kos N$30 en dit begin om 18:30.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.



?
» Die bekende Namibiese prokureur Sisa Namandje is die volgende genooide gas by die maandelikse MTC Master of Success-geleentheid wat op 29 Julie by die NTN plaasvind. Dit begin om 19:00 en kaartjies is gratis, maar moet vooraf by die teater afgehaal word.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kuns­tenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!