Kollig kalender

Elvira Hattingh
» Die jaarlikse visuele kuns museumprogram (Avamp) bied tot 22 Augustus ’n foto-uitstalling in die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) se onderste galery aan.
?
» Argitek en kunstenaar Elke le Roux se nuwe kunsuitstalling Rising Giants is nog tot 24 Julie by die splinternuwe House of Arts /Frametique Kunsgalery aan die gang. Die galery is in eenheid 52 van Hyper Motor City oorkant Ferreira’s Kwekery geleë en is op weeksdae oop vanaf 08:30 tot 17:00 en op Saterdae vanaf 09:00 tot 12:00.
?
» Die kunsuitstalling Ghetto Soldiers is tot 13 Augustus by die College of the Arts (Cota) aan die gang. Kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem, sluit in Lok Kandjengo, Petrus Amuthenu, Papa Shikongeni en Salinda Williams.
?
» Anchen Wille Dansakademie bied elke aand tot Saterdag 11 Julie die teaterproduksie Decade of Dance by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) aan om hul tienjaarherdenking te vier. ’n Oggendkonsert word ook op die 11de aangebied. Kaartjies is by die NTN teen N$100 elk beskikbaar.
?
» Jo Rogge se kunsuitstalling getiteld “UN/DECLARED UN/DESIRABLE” is tans by die Franco Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan die gang.



?
» Die Nasionale Kunsgallery van Namibia (NAGN) open vandag om 18:00 twee kunsuitstallings getiteld Luanda Night en My Past, My Present, My Future.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleent­hede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal en geen toegangsgeld word gevra nie.



?
» Op Vrydag 10 en 17 Julie vind NamJams by die Hilton Kalabar plaas. Ann Singer vermaak gaste vanaf 19:00 op die 10de, terwyl Muni Hoveka en Breanna Kandanga die vermaak op die 17de sal verskaf. Toegang is gratis.
?
» Op Vrydag 17 Julie om 19:00 word die foto-uitstalling The Path to German Unification by die Goethe-sentrum geopen. Die uitstalling duur tot 31 Julie.



?
» Saterdag 11 Julie om 08:30 word ’n begeleide toer in die Botaniese Tuine (8 Orbanstraat) aangebied. Lede en kinders kry gratis toegang, terwyl nie-lede N$10 toegangsgeld moet betaal. Ver­skeie items sal te koop aangebied word.
?
» Op Saterdag 11 Julie is Ray Dylan en Dusty Dixon kort ná mekaar op die verhoog by die Goose's Nest. Die plaaslike kunstenaar Koos Van Zyl begin die verrigtinge om 15:00. Daarna tree Dusty Dixon vir ’n uur lank op, met Ray Dylan wat vanaf 17:00 tot 18:00 by hom op die verhoog is. Kaartjies kos N$120 per volwassene en N$50 vir kinders onder 12 met ’n spesiale aanbod van N$100 per persoon indien ’n tafel vir 10 persone bespreek word. Die Goose's Nest Kiosk sal wegneemetes en braaivleis bedien. Besprekings, kaartjieaankope en navrae kan by Jan Gous (081 127 1031) of Amanda Gous (081 128 0097) gedoen word.
?
» ’n Gratis storieverteluur by die FNCC word vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 11 jaar op Saterdag 11 Julie om 10:00 aangebied. Moseline Kavetu sal ’n storie oor die lewe van diere in Namibië voorlees..
?
» Suiderhof se Kerkfunksie vind op Vrydag 31 Julie plaas. ’n Ete en konsert deur Namibiese kunstenaars soos Riaan du Toit, Shannon Grell­mann, Sanet Lambrechts en The Chords (’n a capella-groep) word aangebied. Almal is welkom. Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor (061 251 414).


?» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].



?
» Op Dinsdag 21 en Woensdag 22 Julie word die rolprent Timbuktu by die FNCC vertoon. Toegang kos N$30 en dit begin om 18:30.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Tteater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.




?
» Die bekende Namibiese prokureur Sisa Namandje is die volgende genooide gas by die maandelikse MTC Master of Success-geleenthede, wat op 29 Julie by die NTN plaasvind. Dit begin om 19:00 en kaartjies is gratis, maar moet vooraf by die teater afgehaal word.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!