Kollig Kalender

Jacqueline Louw
?» Die uitstalling getiteld ARTiculating Kulture & Nature: A new selection from the JMAC archive open vandag vanaf 08:00 by die John Muafangego-kunssentrum (JMAC). Drukkuns en skilderye van voormalige studente van JMAC sowel as onderwysers soos Ndasuunje Shikongeni, Max Shiimi, Lukas Amakali en Johannes Xoagub word ten toon gestel. Toegang is gratis.
?
» Die bekendstelling van die multi­dissiplinêre uitstalling getiteld Perspectives; a creative dialogue between Namibian and Chinese artists vind môre by die NAGN plaas. Toegang is gratis.



?» ’n Uitstalling getiteld Oracularity - Capturing Prophecies deur Paavo Shooya wat fotografie en grafiese kuns kombineer, het verlede week by Restaurant La Bonne Table geopen en duur tot 31 Maart.
?
» Fotografiedosent Djunior Svane bied vanaf 25 tot 30 April ’n gevorderde slypskool in digitale fotografie aan. Die kursus kos N$900. Vir meer inligting skakel Djunior by 081 245 2279.
?
» Die Cantare Audire kamermusiekkoor sal weer vanjaar optredes hou. Repetisies word Maandae vanaf 19:30 tot 21:30 in die musiekkamers van die DHPS in Windhoek gehou. Lede­geld is N$250 per maand. Vir verdere inligting kontak Ernst van Biljon by 081 129 1311 of [email protected].
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-­sentrum aangebied. Vir meer ­inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].



?
» Die uitstalling getiteld Celebrating Namibian Printmaking open op 22 Maart vanaf 18:30 by die FNCC-galery. Bekroonde Namibiese kunstenaars Alpheus Mvula, Papa Shikongeni en Joseph Madisia se werke sal vertoon word. Kunstenaars Shiya Karuseb, Samuel Mbingilo, Christian Viambungu, Martin Scotti, Andrew van Wyk en Cost Shipenga se werke sal ook te sien wees. Toegang is gratis.
?
» Op 29 Maart vanaf 17:30 bied die FNCC ’n drukkuns-slyp­skool in die galery aan. Kunstenaars van die Celebrating Namibian Printmaking uitstalling sal kursusgangers in dié kuns touwys maak. Toegang is gratis.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.



?
» Op 23 Maart vanaf 18:30 draai die rolprent Plot for Peace by die FNCC. Dit vertel die storie agter die storie van die onderhandelinge en harde werk van verskeie mense om apartheid tot ’n einde te bring en Mandela vry te laat. Toegang is gratis.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.
?
» Drum Café Namibia in samewerking met Joe's Beerhouse bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie by die boma by Joe’s Beerhouse aan. Almal is welkom en ’n beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Face­book of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.



?» Die uitstalling getiteld Art Inside 2016 open vanaf 18:00 op 24 Maart by die Nasionale Kunsgalery van Namibië en duur tot 23 April.
?
» Elke Donderdag bied die Ware­house Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, wolf.wohlers@lorentz­angula.com).
?
» Die Jazz-Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.



?» ’n Kunsuitstalling deur Annika Funke getiteld Etosha's waterholes - a choreography het vandeesweek by The Village Opera House geopen en duur tot 25 Maart.
?
» Die uitstalling getiteld Omukwa, Africa’s Tree of Life word by die gimnastieksaal van Unam deur die Museumgenootskap van Namibië in samewerking met die Finse ambassade aangebied. Dit het op 26 Februarie geopen en duur tot aan die einde van Maart. Toegang is gratis.
?
» Restaurant La Bonne Table bied Dancing Cocktails vanaf 19:00 tot 22:00 op die eerste Vrydag van elke maand aan. Elke sessie sal in ’n spesifieke dansstyl deur instrukteurs aangebied word. Kaartjies kos N$70 vir enkellopers en N$120 vir paartjies en sluit ’n komplimentêre drankie in.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!