Kollig Kalender

Jacqueline Louw
?
» Omeya Privaatskool bied vandag ’n Mini Markdag vanaf 15:00 tot 20:00 by die Omeya Gholflandgoed aan. Ontspan en geniet heerlike etes en verversings in ’n pragtige omgewing. Bring die hele gesin vir ’n middag van pret, eksklusiewe produkte en kinderaktiwiteite. Die Minimark vorm deel van die graad 1-leerlinge se leerplan waar van hulle verwag word om hulle eie kraampies en produkte te organiseer. Die mark sal afgesluit word met ’n laternfees en sang onder die sterre. Toegang is ’n skenkingsversoek van N$20 vir volwassenes ten bate van die nuwe skoolbouprojek. Vir verdere inligting skakel Marisa by 081 143 0282 of stuur ’n e-pos na [email protected].
?
» Die kinderkunsuitstalling van Helga Mertens Art and Craft Studio is nog vandag by die FNCC te siene. Toegang is gratis.
?
» Môre vind ’n pretloop plaas ten bate van kinders wat aan ­diabetes ly. Dit begin om 08:00 by Windhoek ­Gimnasium, by die Atlantis Sportklub op ­Walvisbaai en by die Mediese Sentrum in Hindenburgstraat, Otjiwarongo. Om te registreer, kontak Susan Grobler (Windhoek) by 081 357 4441 of [email protected], Karen Templin (Walvisbaai) by 081 879 5673 of [email protected] en Lore Wormsbächer (Otjiwarongo) by 081 339 5464 of [email protected]. Inskrywingsgeld is N$50 vir volwassenes en N$30 vir kinders.
?
» Die derde musiekkonsert in die Classics@The Castle-reeks word môre vanaf 17:00 tot 20:00 by die Heinitzburg-­hotel aangebied. Ulrich Busch and Hans Peter Drobisch sal werke van Franz Schubert, Enrique Granados, Isaac Albeniz, Mauro Giuliani en Gabriel Faure opvoer. Toegang is gratis.



?
» Die uitstalling getiteld Choonde - art in unity het op 7 November by die Muschel-kunsgalery op Swakopmund geopen. Die uitstalling duur tot 21 November en toegang is gratis.



?» ’n Kunsuitstalling deur Jackie Mwanza en Noah Mwanza getiteld Black Madonna and the Baster Child open op 16 November vanaf 18:30 by die FNCC-galery en duur tot 18 Desember. Toegang is gratis.
?
» ’n Kunsuitstalling deur Sarah Rosana het op 9 November by Restaurant La Bonne Table geopen. Haar werke is deur Namibiese fauna geïnspireer en duur tot 14 Januarie. Toegang is gratis.
?
» Op 16 November vanaf 20:00 vind Open Mic Night in die Boiler Room by die Warehouse Teater plaas. Komediante, digters, sangers en musikante word uitgenooi om op te tree. Toegang is gratis.
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].



?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by ­[email protected] vir meer inligting.



?» Op 18 November vanaf 18:30 wys die rolprent Pride by die FNCC. Dit is ’n biografie, komedie en drama deur die Britse regisseur Matthew Warchus en handel oor Britse gay-aktiviste wat mynwerkers gehelp het deur die lang staking gedurende die somer van 1984. Toegang is N$30.
?
» Die finale van die Namibiese Talentkompetisie vind om 19:00 op 18 November by die Nasionale Teater van Namibia plaas. Toegang is N$120 en N$200.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.



?
» Op 19 November vanaf 19:30 vind ’n praatjie deur prof. dr. Oliver C. Ruppel getiteld COP21 - Paris: What's in it for Africa? by die Namibië Wetenskaplike Vereniging van Namibië plaas. Toegang is gratis.
?» Unam se Departement van Visuele Kunste se jaarlikse studenteuitstalling het op 5 November by die Nasionale Kunsgalery geopen en duur tot 30 Januarie 2016.
?
» Elke Donderdag bied die Ware­house Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera geleent­hede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!