Kollig op herwinning
Vandeesweek vier die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) met sy 21ste aflewering 'n belangrike mondigwording.
Die kollig val vanjaar op herwinning. In die hoofstad, die land se dorpe en landelike gebiede is 'n groen benadering – een wat rommel en afval verminder, herwin en hergebruik – ewe belangrik as in nasionale parke en by toeristebestemmings. Skoon lande kan meer besoekers lok.
Verrigtinge skop op Wêreldomgewingsdag af met 'n netwerkkonferensie vir die toerismebedryf en ander belanghebbendes oor die belang van hierdie kopskuif. Die nodige veranderinge in gedrags- en denkpatrone is vir die hele land en alle ontwikkeling nodig.
Naas die gewone te kyke, te ete, te koke, te drinke, te luister en te wen, word die #Festival vir die eerste keer in 2017 aangebied, met sy beroepskou vir skoliere, 'n skoonheids- en koorkompetisie, asook aksiebelaaide blitssport vanjaar met die NTE gekombineer. Dit is buiten die jaarlikse motorskou.
Om die jeug van so jonk moontlik by volhoubare toerisme, beroepe in die bedryf en herwinning te betrek, is van kardinale belang. Kinders moet vroeg reeds die belang van dié sleutelbedryf terdeë besef.
Onthou dié week jou afspraak met die 21ste NTE.
Namibia Media Holdings as organiseerder bedank sy hoofborge, First National Bank Namibia en Old Mutual Namibia, asook alle ander vennote en uitstallers vir die geleentheid om Namibië in 'n feestelike formaat op eie bodem en internasionaal te bemark.
So sê ander
3 Junie 2019
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Oor die uitslag van die onlangse Europese verkiesings is reeds baie gesê: Die gematigde middepartye het 'n bietjie veld verloor, en dié verder links en regs van die politieke sentrum het veld gewen.
As jy egter kyk na hoe die linkse en regse ekstremiste wat die Europese Unie (EU) wil breek gevaar het teenoor dié wat dit wil behou of hervorm, het eersgenoemde sleg uitgesak.
Die EU sal dus nog baie jare lank 'n feit van die lewe wees.
In die EU van die toekoms sal die beginsel van nasionale soewereiniteit op papier bly voortbestaan, maar in die praktyk na alle waarskynlikheid steeds veld verloor. Kyk maar na kwessies soos nasionale veiligheid, omgewingsbesoedeling, handel, vervoer, landbou – alles lewensbelangrike sake wat oor landsgrense heen strek en dus multilateraal aangepak sal moet word.
Die absolute chaos waarin die Britse politiek weens Brexit beland het, dien bowendien as 'n kragtige afskrikking vir die linkse en regse ekstremiste wat hul lande uit die EU wil laat wegbreek.
Die druk om die EU grondig te hervorm gaan ongetwyfeld toeneem. Maar die ekstremiste het in die verkiesing agtergekom dat hul tirades teen die EU nie inslag vind nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie