Kollig op pastelle by Fine Art-galery

Yandi Du Plessis
Kusredaksie

Verskeie kunstenaars se pastelkunswerke word tans by die Fine Art-galery in Swakopmund uitgestal.

Onder dié kunstenaars is Paul Dixon, Werner Schröder, Rosemarie Kuchling, Paul Bosman, Armin Sander en Dieter Aschenborn.

Volgens Martina von Wenzel, die eienaar van die galery, is delikate werk en fokus die elemente wat werklik ’n pastelkunswerk voltooi.

“Pastel is ’n rare kunsmedium, so ons skyn die kollig op die spesiale stukke wat ons in die Fine Art-galery het,” het sy gesê.

Pastelkuns is bekend vir briljante kleure en delikate, fluweelagtige teksture, en word beskou as een van die veelsydigste en mooiste mediums in die kunsgeskiedenis.

Kunstenaars het ontelbare maniere gevind om van dié medium gebruik te maak. Van gloeiende portrette in die agtiende eeu tot die helder landskappe van die impressioniste, tot die abstrakte komposisies van die twintigste eeu.

WANPERSEPSIES

Meer mites oor pastelle bestaan as enige ander kunsmedium.

“Hulle is ongelooflik broos”, “die kleure vervaag”, “pastel beperk die artistieke uitdrukking van ‘n skilder”, “dit is niks meer as 'n sketshulpmiddel nie” – die lys gaan aan.

Dit is egter alles stellings wat nie op feite gebaseer is nie.

WAT IS PASTELLE?

Die pigmente wat in pastelle gebruik word, is dieselfde as dié wat vir ander kunsmediums gebruik word, insluitend olieverf. Hulle verskil dus nie veel nie.

Die kleureffek van pastelle is nader aan die natuurlike droë pigmente as enige ander medium, wat soms die sagte kleur kry waaroor almal praat.

Pastelle is ’n gunstelingmedium vanweë hul sterk pigmentasie – en dus hul vermoë om die enigste kunsmedium te wees wat nodig is.

As dit korrek hanteer word, is pastelle permanent en kan dit net so lank soos enige ander medium hou. Pastelle sal nooit kraak, vergeel of verdonker nie.

GESKIEDENIS

Die geskiedenis van pastelle dateer terug na die Renaissance. Die gerug is dat die medium in die 16de eeu in Noord-Italië ontstaan het en ’n gunsteling van die kunsmeesters geword het – waaronder Leonardo da Vinci en Michelangelo.

Hulle het die kryt gebruik om te skets.

Destyds was daar slegs ‘n paar kleure in hul palet – swart, wit en rooi.

Pastelkunstenaars gebruik pigmente van elke moontlike kleur, wat begin met donker en wat oorgaan na lig. Kleurlae op die papier voeg diepte by landskappe of portrette.

Alhoewel die naam herinner aan sagte, wasige kleure, kan werke wat met pastel geskep is gewaagd wees en ’n mengelmoes van emosies oproep.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!