Kolllig-kalender
ELKE WEEK
* Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.
* Die Inspirasiemark vind elke Saterdag tussen 08:30 en 14:00 by die Ou Kragstasie-kompleks plaas.
* Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Die ingangsfooi is N$80 vir volwassenes (halfprys vir kinders onder 6) en sluit twee stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe meer as 7 persone.
* Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n mark aan. Stalletjies is teen N$50 beskikbaar. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Die volgende datums is 6 Maart, 3 April, 1 Mei, 5 Junie, 3 Julie, 7 Augustus, 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.
NOU AAN DIE GANG:
Moenie die uitspattige, skouspelagtige plaaslike teaterproduksie Boet & Sus – wat tot Sondag aanlyn gekyk kan word – misloop nie. Kaartjies kos N$120 en is beskikbaar op app.ibuynam.com.
VRYDAG 26 FEBRUARIE
*Secret Sunrise Namibia bied om 18:00 ’n sessie by die Mole op Swakopmund aan. Dié sonsondergang-sessie beloof om vol vreugde, beweging en spirituele konneksie te wees. Kaartjies kos N$100 op PayToday.
* Trixie Munyama (Namibië) en Christian Etongo (Kameroen) bied Burden of Memory - Hidden aan, 'n multidissiplinêre uitstalling in die Katutura Community Art Centre, wat daarop gemik is om die koloniale verlede van Namibië te ondersoek wat in baie opsigte anders en soortgelyk is aan dié van ander onafhanklike Afrikastate. Toegang is gratis. Vir meer inligting, kontak 061 225 700 of [email protected]. Die uitstalling open om 19:00.
SATERDAG 27 FEBRUARIE
*Die Burden of Memory – Hidden uitstalling open weer om 16:00.
*COSDEF Arts & Crafts Swakopmund bied ’n kuns- en-wyn-aand aan. Jy het geen kreatiewe vaardighede nodig nie, aangesien die kunstenaar Sem Amuthitu jou deur 'n proses sal neem om jou eie kunswerk te skep. Dit kos N$250 per persoon of N$450 per paartjie, wat die kunswerk wat jy huis toe neem, 'n glas wyn of sap en peuselhappies insluit. Dit begin om 17:00 en besprekings is noodsaaklik! Bespreek by 064 406 122 of [email protected].
WOENSDAG 3 MAART
*Die rolprent Supa Modo (in KiSwahili en Engels, met Engelse onderskrifte), geregisseer deur Likarion Wainaina, word om 19:00 vertoon in hierdie maand se uitgawe van Cinemaverse by die Goethe Institute in die hoofstad. Toegang is gratis. Vir meer inligting, kontak 061 225 700 of [email protected].
VRYDAG 5 MAART
*Le Nozze di Figaro, wat om 19:00 aanlyn aangebied word deur The Namibian Music Ensemble, met die soliste Galilei Uajenenisa Njembo, Justin Antony, Janice van Rooy, Natasha Ndjiharine, Glaucio Ngaca, Trudy Gertze, pianis Retha-Louise Hofmeyr en die stryktrio Jürgen Kriess, Deborah Haindongo en Amy Aring. Die konsert is tot 31 Maart aanlyn beskikbaar. Kaartjies is teen N$50 op Webtickets.com.na beskikbaar.
*In die eerste Night Under the Stars-aand by die Goethe Institute voer Bonganisoul 'n gospelkonsert uit (ook aanlyn beskikbaar). Dit begin om 19:00.
SATERDAG 6 MAART
*Die Lion's Club Windhoek Alte Feste bied om 08:00 'n vlooimark aan om geld in te samel vir behoeftige gemeenskappe. Alle skenkings is welkom. Dit is die perfekte geleentheid om op te ruim, terwyl jy help! Skenkings kan by die Lions Club (hoek van Centaurus- en Jan Jonker straat) voor 4 Maart afgelewer word. Vir verdere navrae, kontak 081 128 7374.
*’n Internasionale vrouedag-brunch word in die Swakopmund Plaza Hotel aangebied deur die Future Females Swakopmund-tak, met Hermien Elago, Erica Biwa en Zodidi Gaseb as sprekers. Kaartjies kos N$65 (early bird), N$85 (standaard) en N$110 (op-die-nippertjie) op PayToday. Dit begin om 10:00.
SONDAG 21 MAART
*Die Volksmoordvereniging van Namibië nooi belangstellendes uit om 08:00 die sand van ongemerkte grafte van die 1904-1908 Swakopmund-oorloggevangenes in die Genocide-begraafplaas in Kramersdorf skoon te maak, te herstel en te hervorm. Vir meer inligting, kontak [email protected] of 085 704 2451.
SATERDAG 27 MAART
*Die eerste Finkenstein Bush Market vind vanaf 08:00 tot 14:00 by dié landgoed aan die buitewyke van Windhoek plaas. Toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie