Kom besoek die driehoek

Die Omuramba Meander is ‘n nuwe roete wat daarop gemik is om toeriste te lok.
Minette Brink
Het jy al van die Hoba-meteoriet, die Ghaub-grot en die Ombili San-stigting gehoor?

Het jy al die prag van die Otjikoto-meer gesien of die museums van Tsumeb en Grootfontein besoek? Was jy al in die lewende museum van die Ju / 'Hoansi?

Benewens al hierdie trekpleisters in die sentrale noorde van Namibië, is daar ook die Maria Bronn-sendingstasie, die Dorsland-grootboom, die wynmakery Thonningii en die Karavatu-myn, almal deel van 'n opwindende nuwe inisiatief wat daarop gemik is om toeriste na dié gebied te lok.

Die Omuramba Meander fokus op die driehoek tussen die Etosha, Khaudum en Waterbergplato nasionale parke. Sowat 40 akkommodasiegeriewe, verskaffers, museums, kuns- en handwerkmarkte, asook munisipaliteite in die streek het saam die nuwe toerismeroete gestig.

Dit is ‘n inisiatief van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling wat die nie-winsgewende organisasie Open Africa gekontrakteer het, met die doel om plaaslike stedelike en landelike gemeenskappe te bevoordeel. Open Africa het foto's van aantreklikhede en beskikbare toerismeprodukte aanlyn geplaas en dit kan gesien word by www.openafrica.org/experiences/route/153-the-omuramba-meander. Inligtingsborde is op agt plekke opgerig en aanwysings oor die kronkelende roete is by dorpsingange en sekere punte langs die pad aangebring.

“Ons Omuramba Meander-inisiatief se doel is om bewustheid te skep oor die verskeidenheid ervarings wat die streek bied," sê mnr. André Neethling, voorsitter van die komitee.

"Ons streek is nie net 'n goeie stilhouroete tussen Windhoek en Etosha of die Zambezistreek nie, maar ook 'n bestemming wat u uitnooi om te verken, of rond te dwaal, soos ons graag sê.“

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!