Kom kuier saam met fees se kunstenaars
Kom kuier saam met fees se kunstenaars

Kom kuier saam met fees se kunstenaars

Anneli Erasmus
Rynardt Hugo

Die meeste Namibiërs ken hom vyf aande per week as een van die gewildste karakters in die Afrikaanse sepie Binnelanders op die TV. Nou gaan hy in lewende lywe tydens die Hentiesfees op die verhoog verskyn.

Sy regte naam is Reynardt Hugo, maar in Binnelanders ken kykers hom as dr. Tertius Jonker. Juis sy gewildheid het sy dagboek gepak met besprekings om as seremoniemeester op te tree en om tydens glansgeleenthede daar te wees. Hugo is maar een van ‘n bende van aansien wat van oorkant die Oranje genooi is om op 25 en 26 Augustus op Hentiesbaai te wees.

Hierdie “Tertius Jonker” van die klein skerm het sy loopbaan in die kunste in 2005 as dramastudent aan die Universiteit van Pretoria begin. Heel gou het hy ‘n passie ontwikkel vir die fynere kuns van die teater en musiekteater. Reynardt Hugo se talent as sanger het vroeg deurgebreek en het aan hom ‘n hoofrol in die musiekblyspel Smokey Joe’s Café besorg. As student het hy ook in rolle opgetree in teaterstukke soos Anna Frank, Pantagleize, Boesman my Seun en Alice in Wonderland.

Aan die einde van sy studies was hy ‘n kundige in teateraspekte soos regie, tegniek, sang, stemwerk, radiowerk en beweging. Sy eerste rol in ‘n Amerikaanse televisiereeks Life is wild het in 2007 gekom. Op eie bodem het hy 2008 in die musiekblyspel Houtkruis opgetree. Daarna was Reynardt Hugo se hoogtepunt sy optrede as dr. Tertius Jonker in Binnelanders. Volgens kritici is dit waar sy gewildheid steeds toeneem.

Hugo Ludik

Nog ‘n lid van die sangroep, Ada. Sy loopbaan op die verhoog het begin toe hy ‘n regstudent aan die Universiteit van Stellenbosch was. Daai tyd speel hy al agt jaar lank kitaar sonder om ooit as sanger in die openbaar op te tree. Sy eerste optrede was in 2004 toe hy saam met nog 15 mans in ‘n serenadekompetisie as ‘n a capellagroep opgetree het. Volgende was ‘n landwye toer saam met sy broer, Stefan Ludik, ‘n akteur en sanger. Daarna was die broers vyf jaar lank kunstenaars tydens landwye feeste.

Die Ludiks is oorspronklik van Namibië.

‘n Volgende vertakking van sy loopbaan was die van ‘n liedjieskrywer. In Otober 2008 het hy Huisgenoot se Tempo-kompetisie gewen met sy liedjie Papsopwinternat. Daarvoor was hy bygestaan deur ‘n vriend, Willie van der Merwe. Dit was ‘n liedjie wat later deur Kurt Darren oorgeneem was. In 2009 het hy ‘n rol losgeslaan in die Performer Teater-produksie Dance some more. Die speeltyd van Dance some more was ses maande en word as die beste tot nog toe bestempel.

Van sy liedjies het deel geword van die albums van Suid-Afrika se voorste kunstenaars.

Kyle Grant

Sy sangloopbaan het feitlik op moedersknie begin waar hy as lid ’n musikale gesin grootgeword het. Aanvanklik het hy in die kerk begin sing en dit opgevolg met optredes in vele sangkompetisies.

Sy beroepsloopbaan het by Barnyard Teaterproduksies begin en hy het ses jaar lank landwyd onder die vaandel opgetree. In 2005 was dit TV toe toe hy die rol Duncan in eTV se jeugdrama Backstage vertolk het. Toe het hy weer saam met Nataniël in die Emperor’s Palace in The Moses machine opgetree. Daarna was hy Link Larkin in Richard Loring se Hairspray en in 2008 was hy landwyd op toer vir sy rol in Chess - The musical. Toe het Egoli gevolg waar hy Schalk in die sepie was. Tydens ‘n buitelandse toer van Disney was hy Ryan Evans in High School Musical.

In 2011 was hy weer op ‘n landwye toer, dié keer saam met Laurika Rauch in die aanbieding van die musiekblyspel Stuur groete aan Mannetjies Roux. In ‘n hoofrol was hy die romantieke Anton. In die BBC se reeks Leonardo was hy in 2011 in die rol van Michelangelo.

In 2012 was hy op ‘n wêreldtoer in die rol van Billy Kostecki as die hoofsanger in Dirty Dancing - The Musical. In die eerste Suid-Afrikaanse produksie van Sunset Boulevard was hy Artie Green.

Vandag is hy ‘n lid van Adam.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.21 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.93 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.56 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.21 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 656.95/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.43/lb DOWN -0.016 | Zinc US$ 2 998.30/T DOWN -0.6% | Brent Crude Oil US$ 74.73/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 980.03/OZ DOWN -0.0084 #N/A