Kom kuier soos Lira
Hewige reaksie is op sosiale media ontketen nadat Fenata 'n Suid-Afrikaanse sangeres as sy toerisme-ambassadeur aangewys het.
Augetto Graig
Die voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, het onlangs Fenata se nuwe ambassadeur van toerisme in Namibië bekend gestel. Die internasionale ster en Suid-Afrikaanse besigheidsvrou, Lerato Molapo, beter bekend as Lira, is as ambassadeur aangewys.
Hewige reaksie is in die sosiale media ontketen, aangesien 'n Namibiër nie as ambassadeur verkies is nie.
Nashandi sê sy wil 'n nuwe tipe energie na die bemarkingstrategie bring om Namibië as 'n toerismebestemming te vestig.
“Weens die ongekende tye waarin ons onsself bevind, dink ons dit is belangrik om buite die boks te dink, om innoverende maniere te vind om mense terug na Namibië te lok,” sê sy. “Lira is verlief op Namibië,” voeg sy by.
“Ons beoog om oop te maak, weer terug te gaan na ons markte toe, en ook nuwe markte te ontgin.”
Nashandi het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se toerismestatistiek vir 2019 aangehaal dat amper 80% van toeriste wat Namibië besoek, uit Afrika kom. Die meerderheid is uit Angola, Suid-Afrika en Zambië.
Om bewustheid en aanvraag vir toerisme uit Afrika na Namibië aan te moedig, is die inisiatief vir die toerisme-ambassadeur van stapel gestuur, met Lira wat as die eerste ambassadeur aangewys is, sê sy.
Nashandi sê die rede is eenvoudig hoekom Lira – en nie 'n Namibiër nie – vir Fenata as ambassadeur moet verteenwoordig.
Lira het groot getalle volgelinge – amper 400 000 op Instagram, ongeveer 'n miljoen op Facebook, byna 500 000 op Twitter – en haar entoesiasme vir Namibië kan beslis mense beïnvloed om hier vakansie te kom hou, sê Nashandi.
Lira het net voor die inperking Namibië as 'n toeris binnegekom en moes bly totdat die grense weer oopgemaak het. Sy het besluit om aan te bly aangesien sy nie die vele aanloklike geleenthede wou misloop nie.
“Dus het ek die laaste ses maande hierdie ongelooflike mooi land verken. Ek het 'n storie om te vertel – soveel inhoud, so baie foto's. Ek het baie plekke besoek, letterlik oraloor, en ek is verlief op Namibië,” sê sy.
“Dit gaan oor die ware ervaring wat ek hier ervaar het,” sê Lira.
“Ek was 'n toeris en het dinge ontdek wat ek nooit oor Namibië geweet het nie. Ek dink almal verdien om Namibië te ervaar. Vat net die pad en kyk waar dit jou neem.
“Namibië is 'n opwindende land om te verken en in terme van sy bemarking van toerisme aan Suid-Afrikaners weet ek nie of dit op baie mense in my sosiale kring se radar is nie. Dus kan ons 'n nuwe plek besoek wat ons nooit eens aan gedink het nie – en dit is reg op ons drumpel,” sê sy.
Sy het 'n geruime tyd saam met die plaaslike kunstenaar Ricardo Gaalalekwe Mosimane, bekend as Elemotho, deurgebring, sê sy.
“Ek het 'n tweede tuiste weg van die huis hier gevind. Baie gesinne het my in hul midde verwelkom. Teen dié tyd is ek bewus van Lioness,” en sy weet van die “pragtige vroulike saksofoonspeler” Suzy Eises. Dié drie plaaslike sterre het onlangs die Cheetah Conservation Fund (CCF) se pleidooi in die openbaar opgeneem.
“Daar is baie wat net gebeur het, bloot omdat ek fisiek hier was. Dus kon ek myself in die Namibiese kultuur verdiep – die klere, die oorbelle, ek het baie inkopies gedoen,” sê sy.
Sy is opgewonde dat die paaie en grense tussen Namibië en Suid-Afrika weer oop is. Weens die pandemie was sy bekommerd om te vlieg en wou ook haar motor byderhand hou; sy het Namibië per pad verken. “Ek dink padlangs is een van die beste maniere om Namibië te leer ken,” sê sy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie