Kom leer en fees saam
Kom leer en fees saam

Kom leer en fees saam

Dani Booysen
Met die eerste #Festival wat vanaf vandag in Windhoek plaasvind, bied die Namibia Media Holdings-groep nie net aan die jeug nie, maar die hele gemeenskap ‘n unieke geleentheid om die hande na mekaar uit te reik om saam ‘n beter land te bou.

Die jeug is toenemend op soek na baie meer praktiese en eerstehandse advies oor beroepsgeleenthede. Dit geld al lank voor kinders hul finale skooljaar bereik.

Een van die #Festival se hoofdoelwitte is om hierdie honger met plaaslike kennis en insigte te stil. Borge, sprekers en ander uitstallers is gekies vir die waarde wat hulle kan toevoeg.

Verskeie kultuurgebeure, Saterdag se gemeenskapspele tussen skolesport-franschises en die naweek se musiekvertoning verteenwoordig die balans en pret wat ‘n gesonde leefwyse afrond.

Dit is ‘n ope vraag of vandag se jeug se lewe altyd veelfasettig genoeg is om hulle op die wêreld van werk en volwassenheid voor te berei.

Republikein is trots om in sy 40ste bestaansjaar ‘n borg vir die wegspringaflewering van hierdie fees te wees. Saam met Newsprint Namibia, ons drukkery, beantwoord ons graag oor die volgende drie dae vrae oor loopbaanmoontlikhede in die media en verwante bedrywe.

Verskeie Afrikaanse kunstenaars, plaaslik en vanaf Suid-Afrika, is vanaf Satermiddag op die musiekspyskaart juis omdat dit Republikein se verjaardagjaar is.

Dankie aan al ons vennote.

Kom leer en fees saam. Raak betrokke. Help ons jongmense slyp en inspireer hulle.

En oorweeg nou al om deel van #Festival 2018 te wees.

So sê ander

6 September 2017

Banke moet nou vasstaan oor Myeni se vertrek

In Junie vanjaar het Malusi Gigaba, minister van finansies, in die openbaar bevestig dat Dudu Myeni die SAL-voorsitterskap gaan ontruim wanneer haar termyn einde Augustus verstryk.

Sedertdien is sy deur die tesourie versoek om tot die SAL se jaarvergadering in November aan te bly. Maar City Press het onlangs berig dat sy reeds aan verskeie mense gesê het sy bly aan totdat pres. Jacob Zuma se amp as president in 2019 verstryk.

Die hele scenario dui daarop dat die Zuma-kamp ten minste redelik herstel het van onlangse terugslae en die hand weer op die stuur van die staat­sake begin kry.

Dit is by uitstek ’n geleentheid vir die private sektor – wat gewoonlik enige keiser op die troon in ruil vir kontrakte luidrugtig prys – om vir eens na vore te tree en te doen wat nodig is.

Banke wat weier om SAL-lenings te verleng moet vasstaan om Myeni se vertrek ’n voorwaarde vir verdere sake te maak.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!