Kom ons bêre die bussies se strydbyle
KEN-VAN-SUKKEL SKRYF:
Geagte mede-pendelaars en drywers
Ek verstaan nie die twis en onenigheid onder ons mense nie. Ons almal is afhanklik van mekaar in die lewe.
Hoekom kan ons nie vir mekaar opstaan en bystaan nie? As ons nie 'n lift het om by die werk uit te kom, hoe wil ons brood op die tafel sit vir ons huisgesinne en hoe kan die taxi's brood op hulle tafels sit wat afhanklik is van daai geld vir 'n salaris.
Ons almal voel die knou in die corona-tyd. Mense het hul werke verloor, salarisse is ge-cut. Ek meen, as ons nie vir onsself kan opstaan nie wie sal dit vir ons doen?
Ons betaal ons morsdood aan vervoer en dink daai bussiedrywers het 'n klomp geld.
Vat 1 600 x 8 = 12 800, wat nie eens gewaarborg is nie, want soos mense se mentaliteit tog maar is, "nee ek kan nie lift betaal nie, want ek het die prob en daai prob" (as gevolg van corona). Voor corona even, wat nie reg is nie.
Vandag se werke verstaan nie as jy laat kom of glad nie opdaag nie; jy word on the spot ge-fire.
Minus 8 000 vir brandstof. Wat bly oor? 4 800 - waarmee daai drywer moet sorg dat die bus in lopende toestand is, die kar diens, sy tyres onderhou en vervang. En ons verstaan mos niks as die bus langs die pad gaan staan nie. Wat kos een tyre vandag?
Plus ons verwag daai drywer moet insurance betaal, vir net ingeval iets gebeur en 'n ongeluk vind plaas, dan wil ons claim. Hoe, net hoe?
Dan is daar dalk nog paaiemente elke maand. Wat bly op die einde van die dag oor vir daai drywer, met daai bietjie geld ook vir sy familie moet sorg.
Die onwettige karre is volop nou, ook om 'n lewe te maak.
Vyf, 10 jaar terug was ons afhanklik van busvervoer en het nie omgegee om 1 of 2 uur te sit en wag tot daai bus vol is om te kan ry nie. Vandag complain ons ons kan nie so lank wag nie.
Ek meen ons gun mekaar niks in die lewe, dis hoekom die wêreld so stukkend en gebroke is daar buite.
My hart gaan uit vir die mense wat hul brood op 'n swaar manier in die hande moet kry in die moeilike tyd. Ek ken hoe dit voel, die druk en pressure wat jy moet deurmaak maand vir maand.
Ek ry net met seker bussiedrywers. Hoekom? Oorlat hule weet hoe om met hul kliënte te praat, en nie vloek en skel en onbeskof is nie, en altyd bereid is om jou uit te help as jy in nood is. Hier is ou drywers wat ry vanlat ek my verstand gekry het wat maak asof die public transport aan hulle behoort. Die ander ouens, wat agterna bygekom het, het geen sê nie.
Ek weet ek gaan gekruisig word, maar ek worrie zero. Al wat ek wil hê, is raak groot, tree soos grootmense op en besef die erns van die saak vir ons almal. Laat ons opstaan vir ons regte en saamstaan en saam fight.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie