Kom ons help die wat platsak is
Kom ons help die wat platsak is

Kom ons help die wat platsak is

Dani Booysen
|AWEBAHE JOHANNES ||HOESEB SKRYF:

Sommige winkels se winkelrakke bevat nie meer genoeg kruideniersware nie. Dit is as gevolg van paniek­inkopies ter voorbereiding van die afsonderingsperiode wat die nasie ingehok binnenshuis moet deurbring.

Een van die voorstelle wat na vore gebring is, was dat die regerings­amp­tenare wat eers op die einde van die maand besoldig word ook hul salarisse moes kry voordat die afbakening oftewel afsonderingsperiode van Erongostreek en Khomasstreek sou begin om hulle ook in staat te stel om kosvoorrade betyds aan te koop.

Hierdie voorstel het my gedagtegang teruggelei na die jaar 2008 toe ek as adjunk-direkteur van onderwys verbonde was aan die Kunenestreek, en 'n gesprek gevoer het met 'n kollega, oudmeester Dawid D. Herero, wat op die randjie van aftrede gehunker het. Ek het hom meegedeel ek wou nie graag daardie komende naweek in Khorixas deurbring nie: my geldsake was ietwat beroerd en ek het sommer afgesluit met: "Ek is eerlik gesproke eenvoudig net platsak, Meester!"

Hy haak toe af en sê: "Meester, jy is darem in 'n meer gunstige posisie as ek. Jy het geld gehad en het nou nie meer genoeg om jou wense te vervul nie. Ek het het van die begin af niks nie. Dus kan ek nie soos jy sê dat ek nou platsak is nie.

"Geld vertoef nie lank by iemand wat geen respek daarvoor betoon nie. Dit kuier ook glad nie weer by 'n mens wat dit nie ken nie.

"Diegene wat net sê 'ou my geld', ken nie geld nie en geld vermy sulke mense. Jy moet geld oppie naam noem, want elke muntstuk of papiernoot het 'n eienskap wat eie daaraan is.

"As jy geld opfrommel en sonder meer in jou vuil broeksak of stukkende beursie inboender sodat dit lateraan skeur, dan is dit die spreekwoordelike laaste sien van die blink kantien!"

Hierdie nare waarheid en ware naarheid oor geldloosheid of platsak wees het hierdie gediggie inspireer.



Platsak



Blote verbystap naby 'n bank

Laat my binne-in tuur vir lank



Hoop dat my sakke gevul word

My geestesdroom van vol word



Snaaks dat my broeksak heel is

Selfs my beursie nie stukkend is



Geld het maar verdwynvermoëns

My vermy sonder skuldgevoelens

Ek erken dat geld draaie kom gooi

Maak maar by my net tydelik kooi



Waarlik geld hou nie van morsjorse

Vertoef vir kortstonde by kerkmuise



Is dit my broeksak wat te vlak is?

Of my beursiebodem wat plat is?



Andere gee raad van geld spaar

Egter niks geld om te kan spaar



Platsak wees is 'n nare waarheid

Geldloosheid is 'n ware naarheid

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A