Kom ons kyk . . .
Verligte maatreëls vir kwarantyn en isolasie kan Namibië help om Covid-19 op die gesondheidsfront beter te bestuur.
Soos met baie ander planne van die afgelope vyf en ‘n half maande sal die toets by die uitvoering lê.
Dele van die land waar versnelde verspreiding te bespeur is, kan hul sterre dank reisbeperkings is nie Vrydag afgekondig is nie. Of dalk nie, want tyd sal leer of dit ‘n wyse besluit was.
Oor die volgende maand sal die ekonomiese skade in die Erongostreek verder verhewig. Of die plan gaan werk om buitelandse toeriste te lok, sal ook maar gesien moet word.
Kwarantyn is tot sewe dae verminder en isolasie tot 10 dae. Waar mense oor gepaste geriewe beskik, behoort die opsie van tuisinperking wyer te geld.
‘n Slang in die gras: Hoe lank gaan mense vir hul uitslae wag? Owerhede speel nie volledig oop kaarte hieroor nie.
Uit aankondigings vir verlede week se nuwe gevalle blyk dit toetse neem twee tot drie dae om te verwerk; soms vinniger, maar partykeer vyf dae of selfs langer. As vertragings nie tot afslag in kwarantyn- en isolasietyd lei nie, kan geriewe bloot weer oorvol raak. Toeriste sal ook nie hul geduld hierdeur laat beproef nie.
Gebrekkige toetskapasiteit beteken die golf van oordrag rol vinniger as wat ons in syfers sien.
Gemeet aan die afsnytyd van 10 dae, is meer as 1 400 persone wat as aktief gelys was nie meer aansteeklik nie. Gister kon die regering nie presiese data oor die massiewe ontslagproses gee nie.
Namibiërs moet reg wees vir nog baie sinkplaatpad.
So sê ander
3 Augustus 2020
Verbod op drank moet fyner gekalibreer word
Die skoksyfers wat verlede week vanuit die wynbedryf aan die lig gekom het, behoort die regering tot dringende besinning te dwing.
Dié bedryf het in die afgelope 14 weke R4,5 miljard aan inkomste verloor en werksverliese word op meer as 18 000 geraam. Nog 18 000 mense kan hul werk verloor. As afhanklikes in ag geneem word, kan tot 100 000 mense geraak word.
Tydens die eerste alkoholverbod is daar geraam dat tussen 60 en 80 wynkelders kan ondergaan en dat 300 tot 430 produsente dit nie gaan oorleef nie.
Dis één bedryf, maar die rimpeleffek hiervan in die Wes-Kaapse en nasionale ekonomie – ook wat betref plaaslike en internasionale wyntoerisme – kan uiteindelik enorm wees.
Al hoe meer getuienis stroom in dat die regering eenvoudig ratser te werk moet gaan en sy inperkingsregulasies fyner moet kalibreer. Terwyl daar begrip is vir die noodsaak om menselewens te red, is dit so dat ekonomiese oorwegings ook moet tel, want armoede eis ook lewens.
In die lig hiervan sou dit onverantwoordelik van die regering wees om die alternatiewe voorstelle uit die wynbedryf nie ernstig te oorweeg nie. Eweneens het die breër drankbedryf ’n verskeidenheid sinvolle voorstelle oor hoe verkope op só ’n manier voortgesit kan word sonder dat alkoholmisbruik lei tot beserings wat onnodig hospitaalbeddens beset.
‘n Bot hardkoppigheid gaan ons nêrens bring nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie