Kom ons maak 'n verskil op Okahandja
KOOS SWARTS SKRYF:
Semper Prorsum (Ever forward), Okahandja se leuse, vind nie in alle sektore plaas nie, veral nie op omgewingsbewaringsgebied nie.
Verskeie sakemanne het verlede jaar bydraes gemaak om dromme in die dorp en rivier te plaas. Ongelukkig gooi baie egter die rommel nog langs die drom en huldig steeds die mening dis werkverskaffing vir die munisipaliteit.
In die rivier mors baie nog na hartelus. Sebron en sy seun tel sonder vergoeding die rommel op en die munisipaliteit kom maak dit leeg.
Wyle mnr. Sigwart het hom maandeliks vergoed, maar nou het die bron van inkomste gestop. Hy sukkel al jare om 'n tender by die munisipaliteit te kry.
As manne nie die dromme kom omkeer vir Black Label-bottels nie, steek kwaaijongens dit aan die brand. Een wat deur die water uitgeruk is, is gesteel. Quadbike-bestuurders gooi ook net rommel neer.
Wat 'n mens dwars in die krop steek, is dat hoewel ons agbare minister van justisie, mej. Dausab, vra dat mense liewers tuis moet drink, steur piekniekgangers in die Okahandjarivier hulle glad nie daaraan nie.
Verdere kopsere is dat daar steeds onoordeelkundig sand in die rivier gemyn word, wat die watertafel beskadig. Of die munisipaliteit iets daarvoor kry, weet jy nie.
Taxi's stop steeds op die verbypad om rommel te stort en sommer die openbaar vir 'n toilet te gebruik.
Verenigings beveel aan net die munisipaliteit kan met outoriteit optree.
Ons is almal baie dankbaar dat die deurpad deur Okahandja feitlik heeltemal nuut geteer is. Ook dankbaar dat die munisipaliteit weer aandag gee aan die slaggate.
As ons in alles die moed van 'n leeu, die geduld van 'n slagskaap, die ywerigheid van 'n mier, die aanpasbaarheid van 'n verkleurmannetjie, die deursettingsvermoë van 'n woordeboekskrywer en die humorsin van 'n harlekyn het, glo ons sal oorleef.
Kom, Okahandja, laat ons registreer vir die November-verkiesing en 'n verskil maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie