Kom ons praat oor die entstof
Iréne-Mari van der Walt – Toe ons land kniediep in die pandemie was, het ek my mond uitgespoel oor 5G-torings wat kastig Covid-19 versprei en kort daarna was daar niks meer oor 5G te sê nie. So kom ons praat oor die Covid-entstof en die argumente wat die nuwe “antivaxxers” so graag rondgooi.
1. Hulle spuit jou met die virus in: Ek weet nie wat in die 1900’s se biologieklas bespreek is nie, maar ek het in 2018 gematrikuleer, dus is die lesse oor virusse en entstowwe nog vars in my geheue. Volgens my lesse is ’n entstof ’n dooie of verswakte stam van die virus. Wanneer dit in jou bloedstroom is, vervaardig jou immuunstelsel teenliggaame.
Jy kan dalk ’n hoes of ’n nies ná die tyd hê, maar as dit eers oorwaai, het jy langtermyn-immuniteit. Jy kan steeds ’n draer wees, maar jou liggaam kan nou blitsvinnig die virus beveg.
2. Dit is nie 100% effektief nie: Ek kon ook nie van die ou wêreld se brandmerk ontsnap nie – die letsel wat meeste van ons op ons boarm dra as gevolg van ’n inenting teen pokke. Daardie einste entstof is 95% effektief. Die Pfizer-entstof is volgens Medical News Today 95% effektief teen Covid-19. Het ons so op hol geraak oor die pokke-entstof en die letsel wat hy sou los?
Selfs ou AstraZeneca wat eintlik die agteros is in terme van Covid- 19-entstowwe is 70% effektief. Dit is steeds beter as die algemene griepinenting met slegs 40% – 60% effektiwiteit.
3. Dit verander jou DNS/RNA: Ja, en dieselfde geld vir bloedoortappings. Dié bloed bestaan uit minder as 1% witbloedselle – die enigste komponent van bloed wat DNS dra. Wanneer jou skenker se DNS in jou bloedstroom opgetel word, herken jou liggaam dit as iets wat hy nie rêrig nodig het nie en die DNS word dan gedemp. In ’n paar pasiënte word baie klein veranderinge opgetel ná bloedoortappings, maar hulle keer na ’n paar uur weer terug na hul pre-bloedoortapping self.
4. Hulle gebruik geaborteerde fetusse: Daar is sprake dat Johnson & Johnson (74% effektief) selle van geaborteerde fetusse in hul entstof gebruik. Hoewel die HEK-293-sel die eerste keer in 1973 in ’n geaborteerde fetus geïdentifiseer is, kweek J&J hul sel in ’n labratorium.
Daar is geen sprake dat hierdie spesifieke fetus medies geaborteer is nie. ’n Vrou se liggaam kan somtyds nie die swangerskap- en geboorteproses volhou nie, dan aborteer die liggaam die fetus in ’n natuurlike proses. Dit is hartseer dat ’n mamma haar baba moet verloor en my hart gaan regtig uit na al die mammas wat op hierdie manier hul babas verloor het, maar hierdie is ’n normale proses. Dié sel is verantwoordelik vir die vermenigvuldigingsproses wat nodig is om die entstof so effektief as moontlik te maak.
5. Die entstof was te haastig ontwikkel: Ja, mediese toetse vat gewoonlik jare, maar nie as die hele wêreld saamwerk nie. Gewoonlik is laboratoriums so gefokus op die geld en roem om die eerste te wees om ’n entstof te ontwikkel, maar ek dink die wetenskaplikes wou nes ons weer die geleentheid hê om na “normaal” terug te keer.
6. Bill Gates: Ou Billy waarsku al vir jare van die aankomende pandemie. Nee, hy het nie sy siel aan die duiwel verkoop om die toekoms te kan sien nie. Pandemies gebeur maar net. Volgens die geskiedenisboeke ongeveer elke 100 – 150 jaar. En as jy geld het, gaan jy natuurlik belê in ’n laboratorium om te kapitaliseer.
Dis pure besigheid. Bill Gates is nie die duiwel vanself nie, hy is net slim en ryk. So slim en ryk dat hy ook teen Covid ingeënt is.
7. Doen jou huiswerk: Sou jy die sprong wou vat, doen net jou huiswerk. Die wêreld se kennis is ’n Google-soektog weg. Weet waarmee jy jouself laat inspuit. As jy newe-effekte van inentings het, moet liewer nie. Die wat ingeënt word sal kudde-immuniteit opbou en jy word daardeur beskerm.
Laastens, daar is geen wet wat die regering of enigiemand anders kan gebruik om jou te dwing om ingeënt te word nie. Inteendeel is daar ’n wette wat verseker dat niemand jou kan forseer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie