Kom ons praat oor geestesgesondheid
Kom ons praat oor geestesgesondheid

Kom ons praat oor geestesgesondheid

[email protected]
Sanet de Waal
Adolf Kaure

Almal se geestesgesondheid is die afgelope twee jaar op die een of ander manier geraak – veral in die nasleep van die Covid-19-pandemie.

Kommer oor dié kwessie het al duideliker geword – veral in die tye toe inperkings afgekondig is, omdat sekere negatiewe hanteringsmeganismes soos dobbel en alkoholmisbruik verbode was.

Ons – of die meeste van ons – is deel van ’n ongelukkige generasie wat agter selfies en valse glimlagte wegkruip, terwyl ons onder die maskers om hulp roep.

In baie kulture word dit as taboe beskou om geestesgesondheid te bespreek, en dit word nóg meer afgekeur wanneer ’n man betrokke is.

’n Deel van die samelewing het dié kwessie beskou as iets wat ’n amusante onderwerp is, en almal wat daaraan ly word uitgelag en verstoot.

Daar is 'n rede waarom die samelewing geestesgesondheid in hierdie geheimsinnige boks met die naam “vreemd” geplaas het en niks daarmee te doen wil hê nie.

Ek sê so, want mens kan sien dat selfs die mees gekwalifiseerde mense in ons samelewing onkundig is oor geestesgesondheid, wat ek skokkend vind. Selfs leraars, predikante en PHD-houers is gereeld ongevoelig oor hulle woordspelings en grappies oor sogenaamde “mal mense” in hul alledaagse uitlatings. Diskriminasie? Natuurlik is dit. Dit is amper gelyk aan geweld, want die tong is 'n klein spier wat baie vernietiging kan veroorsaak, net soos 'n klein vuurhoutjie groot grasvelde kan vernieting.

Wat is my punt? Mense begin eers oor geestesgesondheid praat as iemand selfdood pleeg. Nie net enige iemand nie, maar iemand wat bekend is. Ek sê dit omdat ons as joernaliste al daaraan gewoond geraak het om gereeld polisieverslae oor selfdood met die publiek te deel sonder om 'n oog te knip.

Ek was bedroef toe die nuus oor die dood van die radio-ghoeroe, legendariese rapper, kollega, vriend en wonderlike pa, Shilongo “Kanibal” Ashipala, gebreek het.

Ek het hom 'n paar jaar gelede ontmoet tydens 'n oudisie by Fresh FM (waar hy die stasie/programbestuurder was) om 'n aanbieder daar te word. Hy was 'n gawe mense-mens, met 'n sin vir humor en 'n liefde vir baie verskillende dinge soos sokker.

Eers ná sy heengaan het mense die belangrikheid van geestesgesondheid begin besef.

Baie ander buitelandse bekendes soos Lil Wayne, Kanye West, Lauryn Hill en Mike Tyson, se geestesgesondheidsprobleme is ook openbare kennis – en hoewel sommige dié probleme kon oorwin, het ander soos Robin Williams en Chester Bennington uiteindelik hul eie lewens geneem.

Dit is belangrik dat almal eienaarskap van hul eie geestesgesondheid neem. Kry hulp en kry dit vroegtydig. Volg jou dokter se raad en neem die genesingsproses ernstig op, daar loop baie mense rond wat maklik ontstel word en trauma's saamdra wat hulle weier om vierkantig in die oë te kyk – en hulle kan ander seermaak. Kry hulp.

Dit is almal se plig om intieme dinge met hul vriende te bespreek – en nie net oor Kim Kardashian en Cristiano Ronaldo te gesels nie. Daar is meer in die lewe as wat op die TV verskyn. Let op na veranderinge in gedragspatrone en gryp in.

Laat ons geestesgesondheid ernstig opneem deur meer seminare en nasionale konferensies aan te bied. Mense is nie alkoholiste nie; hulle is eenvoudig depressief en sekere gedeeltes van hul menswees is “weg”.

Ek haal my hoed af vir die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging nadat hulle 'n hele reeks oor geestesgesondheid saam met Monika Walters, ’n kenner op dié gebied, aangebied het. Op dié noot: Rus in vrede, Kanibal, en mag die res van ons genoeg tyd neem om te genees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!