Kom ons slurp die kosbare op
Charmy skryf:
Christiano, my vreudge, ek kan nie wag om by die huis te kom om te hoor watter interessante dag jy gehad het nie.
Daar is altyd iets; iets wat my laat lag. Iets wat elke dag in jou sewe jaartjies gebeur.
Ek wonder soms of ander kinders ook so ‘n pragtige, kleurvolle dag het soos jy. Soos die keer toe jou tand uitgeval het en alhoewel jy ‘n poort het, het vir my kom sê het jy mag nou nie meer vleis eet nie, net lekkers. Of die keer wat jy die kat gevat en in die lug gehou het net om my te wys dit is nou Simba, soos in Lion King, die film.
Jy kan altyd so jou broer en sussie se siele uittrek met jou doendinge. Jou broer sal vra of jy ‘n Valentine het, en met groot oorgawe sal jy sê nee, want dan hoef jy nie sjokolade skool toe te vat nie. Maar dan besef jy agterna jy kon ja gesê het - om dit op te eet.
Tog is daar die sagte kant van jou. Hoe ek moet vertel waantoe gaan diere se siele as hulle sterwe. Sal hulle jou in die hemele ontmoet? Sal hulle jou onthou?
Die gebedjies wat jy opsê in die aand . . . Jy praat direk met Onse Vader.
Of die keer toe jy nie kon wag om huis toe te kom nie, om my te vertel jy neem deel aan rugby. Ek was so trots op jou, maar twee dae daarna kom jy weer en sê jy neem nie meer deel nie, maar jy lag meer as enigiets anders.
Die keer wat jy nie wou skool toe gaan nie omdat jy nog moeg was en my agterna verwyt het, want jy het "amper gedruip" van moegheid.
Die keer wat jy my vertel het dat jou maaitjie pousetye by die sopkombuis moet gaan eet, want hy het nie broodjies nie, al leer ek jou al het jy net twee broodjies, jy moet deel; altyd deel met die wat nie het nie. Omdat Jesus dubbeld aan ons teruggee.
Jy wil my nie deel nie, en haat die gedagte om alleen in jou bedjie te slaap. Jy dink elke oggend ‘n verskoning uit om nie skool toe te gaan nie. Die nuutste was dat ‘n graad 1-seuntjie skool gelos en gaan werk het. Alhoewel ek vir jou verduidelik het hy mag nie werk nie, volgens Namibiese wet, was dit maar swaar vir jou om te verstaan.
Die mooiste van jou is jou vriendelikheid. Maak nie saak hoe oud of jonk iemand is nie, jy maak tyd om te gaan groet en te vra hoe gaan dit? Jy sien almal as een. By jou maak kleur nie saak nie; ons is almal Jesus se kinders.
Jy is my sonskynkind. Ek wens soms jy bly so klein, sodat ek meer van jou kan inneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie