Kom ons tem die drankduiwel
BRIAN LOSPER SKRYF:
Die haglike en vervalle toestand van ons land en mense word meestal toegeskryf aan die bestuursvermoë van die huidige regering.
Vergete is die verantwoordelikheid wat ons as 'n nasie het om onsself te beskerm teen die invloed van andere. Ons eie aandeel in die huidige situasie moet nie gering geag word nie. Dit is tyd dat ons die hand in eie boesem moet druk en besluite vir onsself neem wat tot voordeel van ons eie toekoms sal wees.
Graag vestig ek u aandag op ons alkoholvergrype. Ja-nee, ons moet daaroor praat.
Ek het altyd gewonder hoeveel geld ons werklik op alkohol spandeer. Na aanleiding van die Covid-19-verbod op alkoholverkope, het die Selfregulerende Alkoholbedryfsforum (SAIF) in Republikein van 10 Junie 2020 bekendgemaak 'n verlies van N$970 miljoen is gely. Hierdie verlies is net ten opsigte van belasting en ander heffings.
Wat is dan die bedryf se inkomste? Moontlik N$3 miljard per maand? Sies Namibië! Ons moet ons skaam.
Die bedryf verklaar dat hulle werk verskaf aan meer as 70 000 persone, wat 'n geskatte 350 000 ander onderhou. Nou daar het ons dit: geen wonder nie ons beklee van die hoogste posisies ten opsigte van alkoholvergrype ter wêreld.
Indien ons na die vervalle toestand van ons gemeenskap kyk, sien ons die koste in die lewens van die duisende persone wat vernietig word deur verkragting, kinderverwaarlosing en geslagsgebaseerde geweld. Alkoholvergrype vorm die basis van al hierdie vernietigende euwels.
Kan een groep soveel mag hê om 'n veel groter groep persone se lewens te beheer? Asof ons geen seggenskap oor onsself het nie.
In ons gemeenskap is daar genoegsame begaafde persone, oud en jonk, om lewensvatbare, positiewe beleidsrigtings daar te stel om ons nasie uit hierdie haglike toestande te lei.
Graag nooi ek u uit om saam met my te werk aan die daarstelling van 'n gemeenskapsontwikkelingsfonds, wat ten doel het om onder andere werksgeleenthede daar te stel wat tot die voordeel van ons nasie sal dien.
Tweedens versoek ek dat elke persoon sy of haar alkoholgebruik sal bereken en 50% van hierdie bedrag aan die fonds sal skenk. Dink net wat 50% van u gesamentlike opoffering vir ons kinders kan beteken. Dink net daaraan: N$1,5 miljard per maand vir positiewe gemeentskapsontwikkeling.
Kom ons breek die vloek van alkoholvergrype oor ons nasie, Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie