Kom ons verander ons fokus
Kom ons verander ons fokus

Kom ons verander ons fokus

Dani Booysen
JURIE VILJOEN SKRYF:

Die wêreld is in die greep van 'n water­tekort; 'n uitmergelende droogte; in die greep van geweld, misdaad, korrupsie, dreigende oorloë en natuurrampe en so kan 'n mens aanhou.

As ons ophou met negatiewe dinge en ons besig hou met die klein en mooi dinge om ons, sal dit met ons beter gaan.

Kom ons kyk na die klein dingetjies wat rondom ons is. Dis die begin van lente. Ja, alles is vaal en droog, maar tog sien ons oral blommetjies wat gevorm word.

As ons om ons kyk, sien ons veral twee tipes plante wat wit blommetjies het. Die bos met die klein wit blommetjies is 'n swarthaak (acasia milifera) en dit het dorings. Dit is altyd beskou as sommer 'n doringbos, maar vandag is dit een van die basiese bosse om boskos van te maak.

Die ander bos/boom met wit blomme is die arahout. As 'n mens Suid ry met die staatshuis se heining aan jou linkerkant, dan staan daar binne ten minste sewe van hierdie bome wat in volle blom is.

Die blomme is groter en lyk soos donsige wit kuikentjies. Die boom het baie name: In die noorde noem hulle dit 'n “ouma-boom” en soms iets “leliker”. Dit is 'n wurmbas-valsdoring (albesia anthelmintika)en die bas daarvan word gebruik teen inwendige parasiete.

Hierdie boom het soos die naam aandui nie werklik dorings nie. Die naam “aru” is 'n Namawoord, maar in die volksmond het dit “ara” geword. Daarom was dit ook maklik om ara en Nossob te gebruik om Aranos te vorm.

Arahout is 'n sagte hout wat hoofsaaklik rooierig is maar afgewissel word deur 'n ligter kleur. Mense maak pragtige meubels daarvan. Omdat die hout sag is, word dit maklik deur houtkewers aangeval.

Kom ons verruil soms die siniese, kritiese en politieke bril vir een wat op die ontluikende lente konsentreer. Een van die dae sak vlae reën oor die hele land uit en dan sien ons die wonder van die natuur op plekke waar ons dit nooit voorheen gesien het nie.

Binne twee weke se tyd kan die natuur hierdie vaalbruin baadjie verruil vir malse groen gras en plantjies wat oral blommetjies uitstoot.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!