Kom proe die sterre
“Kom gou! Ek proe die sterre!”
So het die Franse monnik Dom Pierre Pérignon in 1693 gejubel ná sy eerste teug aan ‘n eie brousel wat later as champagne bekend sou word.
Op Saterdag 5 Oktober word die eerste Namibië Cap Classique en Champagne-fees in die land gehou.
Old Mutual Namibia bied dié vonkelgeleentheid by die Windhoek Country Club aan waar 12 sjampanjehuise se produkte geniet kan word. Namibiese kunstenaars verskaf die musiek.
Volgens Ashante Manetti, bemarkingsbestuurder van Old Mutual Namibia, is dit ‘n unieke fees. Net ‘n beperkte getal kaartjies is beskikbaar om ‘n eksklusiewe en gesofistikeerde ervaring te verseker.
“Die tydlose elegansie van ‘n glas sjampanje gryp oor geslagte heen koninklikes en pretmakers se verbeelding aan. In elke glas is eeue se geskiedenis en tradisie,” sê sy.
“Ons nooi u om saam met ons die geleentheid te geniet.”
Kaartjies is by EventsToday en sekere kiosks oraloor die land te koop. Die hekke open om 15:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie