Kom sit aan vir inspirasie!

Karin Eloff
As Inspirasie Tafels nie saans die onderwerp van bespreking om jou etenstafel is nie, het jy baie opvangwerk om te doen.

Dié leefstyl-ekspo vind binnekort plaas en jy kan maar solank begin begroot. ‘n Magdom plaaslike en internasionale leefstylprodukte wag op jou.

Wat hierdie uitstalling so uitsonderlik maak, is die feit dat geen ander uitstalling of fees in dieselfde klas is nie.

Die stigter van Inspirasie Tafels en eienaar van Tamonika, Frans van Wyk, sê hy speel al jare met die idee van so ’n uitstalling in sy agterkop.

“Dit was net ‘n kwessie van tyd voor ek iets aan die idee sou doen. Ek kan amper nie glo vanjaar is die tweede jaar wat ons met Inspirasie Tafels besig is nie. Dis wonderlik om te dink iets wat altyd net ‘n idee was, is nou al die naam op almal se lippe,” sê Frans van Wyk.

Om ‘n projek van hierdie gehalte aan te pak, verg ongelooflike organisasie, toewyding en werk. En die span daaragter was presies dít.

“Ons werk al sedert die einde van 2017 aan vanjaar se ekspo. En dit raak nie makliker nie. Ons hoofdoel is om ‘n fees te skep waar feesgangers en uitstallers die geleentheid kan kry om vir ‘n oomblik van hul daaglikse take en haas te vergeet,” het Ronel van Wyk, medestigter, in die verlede al gesê.

Maar wat is ‘n fees sonder vermaak?

Inspirasie Tafels gaan topklas vermaak bied en van die vasteland se beste musikante en ander vermaakkunstenaars sal hier optree.

Onder meer tree Goodluck en Ben Dey and the Concrete Lions vanjaar by die ekspo op.

Goodluck is die Suid-Afrikaanse house-musiekgroep wat bekendheid vir hul unieke klanke verwerf het.

Ben Dey and the Concrete Lions is van Kaapstad en het al verskeie nommer 1-treffers op plaaslike en internasionale radiostasies gehad.

Verder sal die ekspo nog baie ander vermaak bied.

Soos in die verlede, speel kuns ‘n groot rol by Inspirasie Tafels.

Bekende Namibiese kunstenaars wat eg Namibiese kuns skep, bly die ekspo se trots.

“Ons wil plaaslike talent ten toon stel. Binne hierdie land se grense skuil van die mooiste, uniekste en pragtigste kuns. Dit was een van die hoofredes hoekom ons besluit het om Inspirasie Tafels op die been te kry. Hierdie hardwerkende, talentvolle kunstenaars se werk word nie altyd gesien nie. Inspirasie Tafels is die platform wat ons geskep het om kunstenaars in staat te stel om hul werk aan die publiek te vertoon,” verduidelik Frans.

Inspirasie Tafels vind van 30 Augustus tot 1 September by Windhoek se skougronde plaas.

Kaartjies vir dié leefstyl-ekso is by Webtickets beskikbaar.

Besoek Inspirasie Tafels se Facebook-blad vir verdere inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!