Kom sweef saam
Kom sweef saam

Kom sweef saam

Otjiwarongo spog reeds vir ’n jaar met sy eie sweeftuigklub
Gerine Hoff
Die klub is deur sweeftuigentoesias Jorg en sy dogter Nina Diekmann op die been gebring. Jorg Diekmann het al op 14-jarige ouderdom sy eerste alleenvlug in ’n vliegtuig onderneem en Nina volg knap in sy voetspore deurdat sy reeds op ouderdom 16 kon kwalifiseer om ’n sweeftuig te hanteer, beslis een van die jongste vlieëniers in Namibië.
Nina het verlede jaar in Augustus ernstig begin om sweeftuig te vlieg. Sy en Jorg het toe die klub op Karibib besoek waar Jorg vroeërjare leer vlieg het. “Die ou lughawe het soos ’n spookdorp gelyk,” vertel hulle. Hulle het toe twee van die sleepvoertuie en ’n ou opleidingsweeftuig na Otjiwarongo geneem en só het die Waterberg Sweeftuigklub begin.
“Om ’n sweeftuig te vlieg, is nie ’n duur storie nie,” se Nina. “Dit het geen masjien nie en benodig dus geen petrol nie. Al wat hy wel nodig het, is ’n sleepvoertuig om hom in die lug op te trek en ’n warrelwindjie om hom in die lug te hou. Jy voel so vry in die lug en al wat jy hoor, is die stiltes om jou.”
‘n Sweeftuig kan deur twee mense gevlieg word en is ’n goeie manier om spanwerk te ontwikkel. Nina en Jorg het reeds meer as 16 lede wat aan die klub behoort en hulle nooi enigiemand met ’n passie vir vlieg, om dié geleentheid om aan te sluit, aan te gryp.
As mense dus deel wil word van hierdie opwindende geleentheid op Otjiwarongo, skakel gerus vir Nina Diekmann by 081 867 8913.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!