Kom vier Afrikaans vandag by die Woordfees
Die eerste item op vandag se program is om 09:15 met die Skrywersgesprekke by Maerua Rooftop waar boekvrate na die gewilde liefdeaverhaalskrywer, Sophia Kapp, en André le Roux van onder andere Sarie-faam kan luister.
Verskeie plaaslike skrywers gaan ook aan die gehoor bekend gestel word en 'n toekenning word gemaak aan Koos Marais, skrywer van Die Keiservoël oor Namaland.
Om 15:00 vanmiddag is die veelbekroonde Die Reuk van Appels waarin Gideon Lombard 'n kragtoer lewer, weer by die Pakhuisteater op die planke en om 18:00 kan Windhoek nader skuif vir skreeusnaakse stories en staaltjies om die Storievuur by die Gondwana Shebeen.
Om 19:00 word die Woordfees by De Kayak afgesluit met die eiesoortige poësie- en musiekvertoning, Passiedigters.
Kaartjies is nog by die deure beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie