Komaweer belê in Hartebeestloop-bul
Dawie Moller dok N$500 000 op
Ronelle Rademeyer - Vyf jaar nadat Dawie Moller, eienaar van Komaweer Bonsmaras by Leonardville, genoodsaak was om ’n ingevoerde poena-bul uit Suid-Afrika van kant te maak nadat hy sy been gebreek het, glimlag hy as teler weer van oor tot oor.
Dawie het tydens Hartebeestloop Bonsmaras se veiling op 17 Mei die trotse eienaar van ’n poenabul geword waarvoor belangstellende kopers uit Suid-Afrika ewe hard gebie het. Die bod is vir N$500 000 op hom toegeslaan.
Dawie het die Komaweer-stoet in 2013 by oom Tollie van Tonder gekoop. Dit is een van die oudste Bonsmara-stoeterye in die land. Sedert daardie tyd is hy sy kudde al deur drie baie droë jare bestuur en het vanjaar ’n skrale 23 mm gemeet. Gelukkig kon hy huurweiding vir sy kernkudde by Gobabis kry.
“Met die geld wat ek gemaak het deur my kudde te verminder, het ek besluit om in goeie genetika te belê. Ja, die bul het hoë prys gegaan, maar ’n droogte soos hierdie dwing ’n mens om goed te doen wat jy nie anderins sou doen nie.
Hy vertel hy het in 2014 ’n poenabul by Charles Williams in Suid-Afrika gekoop. “Die bul was twee weke by my tussen die koeie toe breek hy sy been.”Dawie was genoodsaak om die bul van kant te maak, maar het darem vier kalwers uit hom gekry.
“Ek het lankal besluit om te spesialiseer in poenas omdat dié diere die onthoorning-stres vryspring. Ek glo poenas gaan nog groot in aanvraag wees.”
Hy sê hy het lank met dr. Joggie Briedenhann gekonsulteer en besef hierdie bul voldoen aan al sy vereistes.
“Ek het al van Hartebeestloop se bulle gekoop – dit is uitstekende diere met ’n uitstekende bloedlyn en die diens is baie goed. Joggie se bulle pas ook baie goed by my aan en dit is hoekom ek hom ondersteun.
“Die bul wat ek gekoop het, tiek al die boksies af. Sy syfers is reg en hy is geno- en fenotipies reg,” vertel Dawie.
Hy sê hy het reeds van die bul se semen verkoop en is bly hy kan ’n bul met hierdie bemarkingswaarde in Namibië hou.
“Ek sal graag in die toekoms van sy kalwers aan ander telers wil beskikbaar stel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie