Kombatters voor hof gedaag
Mnr. Knowledge Katti se Kombat Village Properties sleep dorpsbewoners hof toe oor agterstallige huur.
Augetto Graig - Op 22 November vanjaar het ’n hof gelas sekere huurkontrakte op Kombat mag gekanselleer word, uitsettingsbevele mag op inwoners beteken word en sekere kostes mag geëis word.
Landdros McLean M. Handjaba op Otavi het Kombat Village Properties se eise teen vyf inwoners van dié dorpie toegestaan.
Gister het dié vyf ’n appèlaansoek hierteen gebring – ’n dag voor die spertyd daarvoor.
Kombat Village Properties behoort aan die bekende miljoenêr mnr. Knowledge Katti.
Hy het dorpsbewoners in 2017 glo nuwe huurkontrakte laat teken en huurgeld in 2018 met tussen 200% en 300% verhoog.
Volgens die hofbeslissing het hy nou die reg om van agterstallige huurders ontslae te raak – mits die inwoners se appèl nie slaag nie.
Me. Patra Matangira (51) woon die afgelope 10 jaar op die dorp.
“Hulle het my hier gekry en nou soek hulle my uit,” sê die kleuterskoolonderwyser.
Kombat Village Properties het Matangira vir N$8 200 se uitstaande huur gedagvaar.
“Ons bly nie lekker hier op Kombat nie,” sê sy.
Volgens haar verskaf Kombat Village Properties geen dienste aan inwoners nie, en word eiendomme nie in stand gehou nie.
Matangira betwis Katti se eienaarskap van die huise op die dorp.
Mnr. Jeftha Beukes, nog ’n inwoner wat deur die hofbevel geraak word, skryf in sy appèl die aansoekers is nie van die korrekte hofdatum ingelig nie, en beweer hy het nie ’n regverdige geleentheid gehad om sy saak te stel nie.
Hy sê hy het nooit ’n huurkontrak met Kombat Village Properties onderteken nie.
Beukes se naam is volgens hom aanvanklik verkeerd gespel op dokumente en eers toe dit reggestel is, is hy ingelig daar is slegs twee dae oor om te appelleer.
Die ander apellante is mee. Johanna Ndondt, Linety Nzwala en mnr. Josua Ndepembe.
Volgens hulle is die nuwe huurkontrakte op ’n paar inwoners op ’n slag afgedwing.
Kennisgewing van die huurverhoging is verlede jaar stuk-stuk uitgedeel, sê hulle.
Mnr. Charley David, Kombat Village Properties se bestuurder op die dorp, sê Katti se bedoeling is nie om van huurders ontslae te raak nie.
“Ons was gedwing om die ding hof toe te vat,” sê hy.
Volgens hom het ontwikkeling op Kombat tot stilstand gekom ná die myn in 2005 oorstroom het.
Voor dit het die myn vir dienste betaal en huurgeld gesubsidieer, sê David.
Met Katti se oorname is miljoene dollar se skuld afgeskryf, sê hy, en pogings om oor te begin, is aangewend.
Volgens David het inwoners geweier om nuwe huurkontrakte te onderteken, of om oor uitgawes te onderhandel.
Hy beweer inwoners breek Kombat se infrastruktuur en teister werknemers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie