Komberse troos kinders met kanker
Liberty Life Namibia en Standard Insurance Brokers Namibia se werknemers het onlangs komberse vir Chica (Kinders met kanker in Namibië), 'n afdeling van die Kankervereniging van Namibië (CAN), ingesamel.
Liberty Life Namibia het die ingesamelde komberse met nog komberse met hul handelsmerk op aangevul. “Die kinders moet reeds die siekte hanteer en baie van hulle moet hul huise en veilige omgewing verlaat om in Windhoek behandel te word. Met dié skenking kan ons hul dae dalk bietjie opvrolik,” het me. Monique Cloete van Liberty Life Namibia by die oorhandiging gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie