Kombuiswenke: rVan heuning tot kaas
Kombuiswenke: rVan heuning tot kaas

Kombuiswenke: Van heuning tot kaas

Jacqueline Louw
Wat is ’n maklike manier om gekristalliseerde of versuikerde heuning weer bruikbaar te maak en wat kan as plaasvervanger vir jogurt in ’n resep dien? Hier volg enkele slim kombuiswenke wat jou huiswerk baie makliker kan maak.

Heuning
Heuning is die enigste kos wat nie verrot nie.
Red heuning wat gekristalliseer het deur dit te verhit en moet dit nie in die yskas bêre nie. Jy kan heuning wat versuiker het, weer gebruik deur die deksel af te haal en dit vir 30 sekondes op hoë hitte in die mikrogolf te plaas. Roer dit dan totdat die suiker opgelos is. Onthou dat jy dit nie met plastiekhouers kan doen nie.
Die nie-morsige manier om klewerige stowwe soos heuning af te meet: Doop die maatkoppie of lepel in kookwater of spuit dit met kooksproei voordat jy ’n taai stof soos stroop of heuning afmeet. Die hitte of olie sal help dat dit afgly tot in die mengbank sonder om iets agter te laat.

Hoender
Om hoendervleis sag en sappig te hou, gooi ’n koppie suurlemoensap oor die vleis voordat jy dit gaarmaak.
Gebruik ’n braaitang pleks van ’n vurk om hoender om te draai. Dit verhoed dat die vel geprik word en die sous verlore gaan.
’n Mens kan hoenderstukkies in koue, sterk soutwater vir sowat 30 minute laat lê voordat jy dit braai. Die resultaat is lekker, sappige hoender.

Insekte
Om insekte in die huis te beperk, hang ’n vars bondeltjie brandnetel in ’n oop venster.

Jellie
Kry jellie maklik uit die vorm deur dit vir ’n paar sekondes in kookwater te hou. As jy weer jellie maak, gebruik Gemmverlin (Ginger Ale) in plaas van water. Dit gee die jellie ’n ekstra vonkel-smaak. Gooi aangemaakte jellie in ’n ysblokkiepan. Sodra dit ferm is, dien dit met vla op.

Jogurt
Jy kan karringmelk of suurroom as plaasvervanger vir jogurt in ’n ­resep gebruik.

Kakkerlakke
Kakkerlakke in jou kombuis eet stof, dus kan ’n gereelde stofsuig help om hulle in toom te hou.
Behalwe vir ’n goeie gif, is hier nog raad oor wat jy kan doen om dié pes te bestry.
Gooi gereeld ’n onverdunde klerebleikmiddel (soos Jik) in al die wateruitlaatpype en dreine, druk die prop in en laat dit oornag staan. Strooi Engelse sout, salietakkies of laventelolie op rakke om kakkerlakke weg te hou.
Meng gelyke hoeveelhede versiersuiker en gips en plaas dit in houers op die vloer. Kakkerlakke eet dit en vrek daarvan. Andersins kan jy mieliemeel en gips meng en ’n waterbakkie langsaan laat staan – maak net seker jou troeteldiere eet dit nie.
Sit naeltjies in al jou kombuiskaste of daar waar die kakkerlakke voorkom.

Kaas
Vul ’n leë speserybottel met meel en gebruik dit om oor kaas op pizza of ’n pastagereg te sprinkel.
Dit voorkom dat die kaas draderig trek.
Rasper kaas wat hard geword het met die fynste deel van die rasper en gebruik dit in plaas van parmesaankaas. Bêre die kaas in foelie. Dit hou langer en muf nie.
Hoe kan kaas vars gehou word? Strooi ’n bietjie suiker of sout oor die kaas. Of doop ’n skoon meelsakkie in asyn, droog dit uit en plaas die hele stuk kaas daarin. Bêre dit op ’n koel plek, maar nie in die yskas nie. Herhaal die proses as die sakkie droog word. Kaas sal nie droog of muwwerig word as dit in ’n klam asyndoek toegedraai word nie.
Bronne: www.greatist.com, ­kuierkookklets.weebly.com, www.kookkuns.com, www.boerevryheid.co.za.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!