Komeet dalk einde Mei te sien

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namibiërs sal moontlik van die tweede helfte van Mei af soggens en voor sonsonder die baie helder Atlas-komeet kan sien, mits die besoeker van die buitenste ruim af ons son se hitte kan oorleef.

Buiten dat die komeet, ook bekend as C2019 Y4, ’n helderheidsgraad van +5 kan hê, sê die Namibië Wetenskapvereniging se afdeling vir astronomie dit kan ook ’n sigbare stert hê omdat dit naby aan die son sal beweeg.

Komeet Atlas sal net oorleef indien dit oor ’n groot kern met baie reserwes van gevriesde gas beskik. Dan sal dit ’n baie helder komeet wees, maar andersins sal sy gas opraak en kan hy verkrummel en dowwer raak soos hy nader aan ons son beweeg.

Komeet McNaught (C/2006 P1) het sowat 13 jaar gelede ook naby ons son verbybeweeg en was selfs smiddae reeds sigbaar (foto).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!