Komeet Leonard ‘kuier’ vandag by Venus
Tans is dit in die omgewing van die Boogskutter-sterrebeeld te sien, terwyl dit elke aand hoër bo die horison in ‘n westelike rigting verskyn.
Elvira Hattingh
Komeet Leonard, wat reeds deur internasionale media as die “beste en helderste” een vir 2021 gedoop is, is nou ook in die Suidelike Halfrond te sien – dog verkieslik deur ‘n verkyker of teleskoop.
Op Kersdag sal dit in die Mikroskoop-sterrebeeld (Microscopium) te sien wees. Dit is as die komeet, wat klaarblyklik dreig om te verkrummel, nog so lank gaan hou.
Tans is dit in die omgewing van die Boogskutter-sterrebeeld te sien, terwyl dit elke aand hoër bo die horison in ‘n westelike rigting verskyn.
Dit volg kort nadat die komeet, wat in die wetenskaplike wêreld as Comet C/2021 A1 bekend staan, op 12 Desember sy naaste punt aan die aarde bereik het. Toe was dit net sowat 34 miljoen kilometer ver.
Die komeet is egter eers vanaf 14 Desember saans ook in die Suidelike Halfrond sigbaar – en verkieslik deur ‘n verkyker of teleskoop en op donker plekke. Die komeet is sigbaar met die blote oog vir die wat weet waar om dit te vind en behoort vir die res van Desember, tot in Januarie, in die Suidelike Halfrond te siene te wees.
VENUS
Earthsky.org berig dat die komeet, wat in Januarie deur die Amerikaanse sterrekundige Greg Leonard ontdek is, op pad son toe is en is vandag en môre uitsonderlik naby aan Venus (net 4,2 miljoen km ver) verby sal beweeg.
The Planetery Society skryf hierdie is die naaste wat ‘n komeet nog ooit aan Venus kon kom – of sedert mense van komete begin rekord hou het.
Boonop bied dit ‘n geleentheid vir amateur-sterrekundiges om die komeet makliker te vind deurdie veel helderder Venus as ‘n riglyn te gebruik.
VAARWEL
Ons son mag dalk komeet Leonard se einde beteken. Andersins sal dit na verwagting nooit weer ons sonnestelsel besoek nie.
Dit raak al helderder soos dit die son nader en behoort teen 3 Januarie sy naaste punt aan ons son te bereik, alhoewel dit steeds 90 miljoen km ver daarvan af sal wees.
Indien die komeet die son se kragtige hitte en radiasie kan oorleef, sal dit na verwagting vir altyd uit ons sonnestelsel beweeg eerder as wat dit op sy wentelbaan sal voortgaan.
Die komeet het dus ‘n hiperboliese trajek, wat beteken dit sal ons sonnestelsel slegs een maal deurkruis en nie weer terugkeer nie.
Nog iets wat uitsonderlik aan komeet Leonard is, is die feit dat dit teen ‘n astronomiese spoed beweeg van sowat 70 km per sekonde, sowat 6 km/uur vinniger as verlede jaar se komeet Neowise, berig starwalk.space.
Sodra die komeet op sy helderste is, sal dit beide ‘n stof- en gasstert hê. Die komeet het ’n deursneë van net sowat 1 km.
Hierdie is reeds die 13de komeet wat die sterrekundige Leonard ontdek het. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie