Komitee dagvaar Duduzane nie weer oor Eskom
Zukiswa Rantho, voorsitter van die parlementêre komitee oor openbare ondernemings, het Maandagaand gesê 'n nuwe dagvaarding sal nie aan Duduzane Zuma uitgereik word om voor die parlementêre ondersoek na Eskom te verskyn nie.
'n Dagvaarding is vroeër reeds aan Duduzane Zuma, wat Maandagoggend vlugtig in die handelshof in Johannesburg verskyn het, uitgereik om voor die komitee van ondersoek te getuig, maar hy kon nie opgespoor word nie.
Rantho het dit bevestig dat die komitee nie 'n nuwe dagvaarding sal uitreik nie nadat die parlementêre komitee oor openbare ondernemings vroeër gesê het die dagvaarding aan oudpres. Jacob Zuma se seun is deur die parlement uitgereik en nie deur die komitee self nie. Die komitee sê in die verklaring toe dit duidelik word Duduzane Zuma kon nie opgespoor word nie, het Baleka Mbete, die Speaker, die komitee geadviseer om ander weë te volg.
As individuele lede van die komitee wou, was hulle by magte om klagte by die polisie in te dien.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie