Komitee sien om na sake van ongelukslagoffers
Komitee sien om na sake van ongelukslagoffers

Komitee sien om na sake van ongelukslagoffers

Ronelle Rademeyer
Die Kavango-Wes-streeksraad het ’n komitee saamgestel om na die sake om te sien van die tien mense wat verlede naweke in ’n grubotsing by Simanya gesterf het.
Net een van hulle kon tot nou toe uitgeken word. Dit is omdat die ander nege onherkenbaar verkool het toe die twee voertuie wat trompop gebots het, aan die brand geslaan het.
DNS-toetse moet nog hul identiteite bevestig, het adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die streek, aan Nampa gesê.
Die ongeluk het 18 km wes van Nkurenkuru plaasgevind.
Nampa berig die goeweneur van Kavango-Wes, me. Sirkka Ausiku, sê daar is besluit om ’n komitee saam te stel wat die families kan bystaan en nadoodse reëlings namens hulle kan tref.
Van die familielede dien ook op die komitee.
Sover kon ’n datum vir die massabegrafnis van die tien slagoffers nog nie bepaal word nie, aangesien die proses om hulle uit te ken nog nie afgehandel is nie, sê Ausiku.
’n Openbare gebedsaamtrek ter ere van die slagoffers is wel die afgelope Saterdag by die ongelukstoneel gehou en die gemeenskap het die uitgebrande wrakke van die twee voertuie in ’n groot gat begrawe. – Nampa

Foto: Nampa


Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!