Komitee vir sekuriteit oor watervoorsiening kom
Die minister van landbou, water en bosbou (MWAF), mnr. John Mutorwa, sal na verwagting vandag die kabinetskomitee vir die sekuriteit van watervoorsiening aankondig.
Dié komitee sal hom met die waternood in Namibië bemoei.
Die MAWF se skakelbeampte, me. Margaret Kalo, het Maandag bevestig die bekendstelling van komiteelede sal op 20 Julie plaasvind.
Die komitee vir die sekuriteit van watervoorsiening is deel van pres. Hage Geingob se Harambee-welvaartplan (HPP), wat in April vanjaar aangekondig is. Die HPP is daarop gemik om armoede en ongelykhede in inkomste te verminder en om alle Namibiërs se lewensomstandighede te verbeter.
Namibië staar op die oomblik een van die mees verwoestende droogtes in meer as 30 jaar in die gesig, wat die staatshoof genoop het om verlede maand ’n noodtoestand te verklaar. Krane sal waarskynlik teen Augustus vanjaar in die sentrale gebiede droog wees indien alternatiewe waterbronne nie beskikbaar is nie, het NamWater vroeër vanjaar aangekondig.
Die HPP sit verskillende strategieë en aksies uiteen vir die bestuur van watertoevoer, wat toegepas sal word om te verseker doelwitte ten opsigte van watersekuriteit word bereik.
Volgens die HPP moes ’n kabinetskomitee teen Junie gevestig gewees het wat elke maand aan die president verslag doen ten opsigte van die watersituasie, insluitend die doeltreffendheid van waterbestuurstelsels. In sentrale Namibië gaan die regering die konsep van grondwateraanvulling implementeer, wat beter gebruik van Windhoek se akwifer as ’n waterbank sal meebring deur middel van ’n kombinasie van beheerde herlaaiing en verbeterde hergebruik van water.
Nog ’n ingryping wat deel is van HPP, is die implementering van ’n nasionale waterhulpbron-moniteringstelsel, aangesien kommer bestaan oor ’n gebrek aan inligting oor Namibië se waterhulpbronne. Hierdie verslag sal na verwagting teen Maart 2017 gereed wees.
Vir die Noorde beplan die regering om infrastruktuur te ontwikkel om ondergrondse waterbronne te ontgin wat onlangs ontdek is. Ten spyte van die relatief hoë belegging wat dit sal vereis, sal die langtermynuitgawes laer wees in vergelyking met die huidige toevoer, aangesien die water minimale suiwering benodig en die bestaande netwerk se kapasiteit verhoog kan word.
Teen die kus bly die fokus op ontsouting by wyse van herwinbare energie soos son- en windkrag. Ten einde te voorsien in die verhoogde aanvraag na water weens mynbou-aktiwiteite, gaan die regering teen die einde van die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (2016-’17 tot 2018-’19), ’n seewater-ontsoutingsaanleg oprig wat 25 miljoen kubieke meter water per jaar sal lewer.
Volgens die voorspoedplan is die teiken ontwerp om die waternood by kusdorpe die stryd aan te sê deur watervoorsiening aan te vul om die toenemende aanvraag deur die mynbousektor en kusdorpe in die Erongostreek te ondervang.
Om hulpbronne vir die oprigting van waterinfrastruktuur in ander dele van die land daar te stel, sal ’n private-openbare vennootskap hiervoor oorweeg word, volgens die HPP. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie