Kommandowurm steek kop uit in Indië
Die herfskommandowurm, wat vroeër groot skade in Afrika en die Amerikas aangerig het, versprei nou teen 'n verontrustende spoed in Karnataka in Indië.
Die kommandowurm is volgens amptenare in die deelstaat Karnataka gevind.
CNN berig tussen 15% en 22% van die mielieoeste op die kampus van die Landbou-universiteit van Tamil Nadu het tekens van die wurm getoon.
Die wurm het oeste in sowat 'n dosyn lande in Afrika vernietig met sommige gebiede in Zimbabwe wat tot 70% van hul oeste verloor het.
Volgens CNN sê die Internasionale Sentrum vir Landbou- en Biowetenskap (Cabi) lande in Afrika kan tussen US$2,4 miljard (sowat R35 miljard) en US$6,1 miljard (sowat R89 miljard) weens die plaag verloor.
Plaaslike entomoloë in Indië het gevind die mielies wat op die kampus van die Universiteit van Landbou en Tuinbouwetenskap in Shivamogga verbou is, is in Mei deur 'n nuwe variëteit plaag opgevreet, berig The Hindu.
Volgens die koerant het wetenskaplike toetse getoon dit is die herfskommandowurm wat in 2016 verwoesting in Afrika gesaai het.
Daar word gereken dat dit die eerste keer is dat dié wurm in Asië voorkom. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie